ADVERTISEMENT:

 

 
 

Herfskommandowurm kan landswyd in Suid-Afrika versprei

Date: 18 February 2018 By: Andries van Zyl

Volgens ‘n onlangse mediaverklaring verwag kundiges dat die herfskommandowurm oor Suid-Afrika sal versprei (met die moontlike uitsondering van die Wes-Kaap).

Volgens Agri SA dui die verslag aan dat besmetting in vyf distrikte in Limpopo, dele van Mpumalanga asook in die Oos-Kaap aangemeld is. In antwoord hierop het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) versoek dat boere en landbou-organisasies hul monitering- en aanmeldingspogings ten opsigte van hierdie plaag landswyd opskerp. Daaglikse en weeklikse verslae moet aan DAFF voorgelê vir alle nuwe gebiede waar FAW voorkom.

“Agri SA verwelkom die tydige optrede deur DAFF, insluitend die beskikbaarstelling van plaagdoders om die verspreiding van die plaag te bekamp. Agri SA wil graag boere daarop attent maak dat die aanwending van chemikalieë in konsultasie met die betrokke verteenwoordigers moet geskied,” het Agri SA in ‘n persverklaring gesê.

Alhoewel hierdie wurm meestal mielieplante aanval, kom dit ook soms voor in katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone. “Om dié rede is dit belangrik om te let op skade aan hierdie gewasse en die teenwoordigheid van die indringer-spesies,” het Agri SA gesê.

Dan Kriek, president van Agri SA, het Graan SA en ander rolspelers wat die situasie namens die bedryf moniteer bedank.

 
 
 

Viewed: 416

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT