ADVERTISEMENT:

 

 
 

Van die vragmotors waarop polisie beslag gelê het die afgelope naweek. Foto verskaf.

Gesteelde vragmotors op pad na Afrika

Date: 19 April 2018 By: Isabel Venter

Daar word vermoed dat die agt gesteelde vragmotors waarop die polisie die afgelope naweek beslag gelê het, bestem was vir die Afrika swartmark.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Moatshe Ngoepe, is daar ‘n sterk vermoede dat die polisie net-net betyds toegeslaan het, anders sou die vragmotors oor die grens na Zimbabwe gesmokkel word.

Die vyf tipwa vragmotors en drie watertenkwaens is die afgelope Saterdag versteek gekry in ‘n beboste area in die Mashau Thenga nedersetting, sowat 20 km van Levubu. Volgens Ngoepe is van die vragmotors as gesteel aangemeld in Modderfontein, Gauteng.

Ronald Chisana (37) van Mambedi is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Daar word vermoed dat hy die vragmotors gestoor het as deel van ‘n motordiefstal sindikaat wat spesifiek gesteelde voertuie oor die grens smokkel. Chisana het Maandag vlugtig in die Vuwani Landdroshof verskyn op verskeie klagte wat verband hou met die besit van goedere wat vermoedelik gesteel is.

Chisana sal in aanhouding bly tot en met sy volgende hofverskyning op Maandag, 23 April, waartydens hy na verwagting ‘n borgaansoek sal bring.

 
 
 

Viewed: 330

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT