ADVERTISEMENT:

 

 
 

AfriForum bereik skikking met Vhembe oor water

Date: 21 June 2018 By: Andries van Zyl

Die burgerregtewaghond AfriForum het verlede wweek ‘n skikking met die Vhembe Distriksmunisipaliteit bereik rakende die afgelope jare se waterkrisis in Louis Trichardt.

AfriForum het aanvanklik ’n hofaansoek in die Noord-Gautengse Hoërhof gebring om dié munisipaliteit aanspreeklik te hou vir ontoereikende watervoorsiening aan die gemeenskap. Die partye het egter geskik voordat die aansoek deur die hof aangehoor is, en die skikking is deur die hof bekragtig.

“Die munisipaliteit het ’n aksieplan aan AfriForum voorgelê wat verduidelik dat daar beplan word om ses van die boorgate te herstel. Dié boorgate voorsien op ’n deurlopende basis water aan verbruikers. Die munisipaliteit is ook besig om nuwe kontrakteurs aan te stel om ’n boorgatprojek te voltooi,” het AfriForum se distrikskoördineerder in Limpopo, mnr. Jaco Grobbelaar, in ‘n persverklaring gesê. Die skikking is verlede Maandag bereik.

Grobbelaar het gesê dat AfriForum ook verteenwoordigers sal hê op die geïntegreerde-ontwikkelingsplanforum om toe te sien dat projekte suksesvol afgehandel word. Vhembe het verder onderneem om gemeenskapslede van die watersituasie in Louis Trichardt op hoogte te hou.  

Volgens Grobbelaar is dié skikking ’n positiewe uitkoms vir die gemeenskap van Louis Trichardt en berus dit op goeie samewerking tussen AfriForum en die munisipaliteit. “AfriForum sal die vordering van die boorgatprojek egter moniteer om te verseker dat die munisipaliteit wel aan die bevel gehoor gee. Dit is ons plig as burgerregte-organisasie en gemeenskap om te verseker dat die munisipaliteit wel die dienste lewer waarvoor die gemeenskap betaal. Ons sal voortdurend druk op die munisipaliteit plaas indien die bevel nie gehoorsaam word nie,” het Grobbelaar gesê.

 
 
 

Viewed: 306

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT