ADVERTISEMENT:

 

 
 

Een van die slange wat in die Soutpansberge aangetref word, is die wipneuskobra. Hul neurotoksiese gif kan dodelik wees vir die mens as dit nie behandel word nie. Foto’s verskaf.

Wipneuskobra een van moontlike besoekers

Date: 12 October 2018 By: Andries van Zyl

In verlede week se Zoutpansberger het ons inwoners gewaarsku dat die warm, droë omstandighede tans gunstige toestande is om slange na jou huis te lok. Van hierdie week af kyk ons na watter slange inwoners van die Soutpansberg as besoekers kan verwag.

Die wipneuskobra (Naja Annulifera) is een van die twee kobraspesies wat in die gebied voorkom. “Die wipneuskobra is die tweede grootste kobra in Afrika en kan meer as 2,5 meter lank word, met ‘n gemiddelde lengte van 1,8 tot 2 meter. Hierdie kobra is gebiedsgebonde en het gewoonlik ‘n permanente skuiling of twee in die gebied waar hulle aangetref word, dikwels ou termiethope, ystervarkgate, hol bome ensovoort,” het Louis Trichardt se eie slangvanger en -kenner, Jan “Slang” van Rooyen, gesê.

Van Rooyen het gesê dat alhoewel wipneuskobras dodelik is vir die mens en ‘n kragtige neurotoksiese gif met sitotoksiese komponente het, sal hy nie maklik net byt nie. “...maar hy moet in elk geval eerder vermy word. Wanneer hierdie slag bedreig voel, sal hy sy voorlyf oplig en ‘n breë bak maak as ‘n waarskuwing,” het Van Rooyen gesê.

Volgens Van Rooyen spoeg wipneuskobras nie hulle gif nie en kom voor in verskillende kleure en ook in ‘n gebande vorm (vandaar die ou mense se noemnaam lapslang). “Indien ‘n persoon op ‘n wipneuskobra afkom, sal die slang sy voorlyf optel en ‘n breë bak maak. Indien jy naby die slang is, staan net stil of beweeg stadig agteruit. Hou ‘n oog oor die slang en bel ons om die slang te kom verwyder,” het Van Rooyen gesê.

Met “ons” bedoel Van Rooyen hyself, by tel. 081 217 9213, of Frikkie Venter, by 082 058 7601. “As die slang egter in die veld gekry word, los hom maar net dat hy aanbeweeg.  Hy is waar hy hoort, in die natuur,” het Van Rooyen gesê. Hy het bygevoeg dat hy en Frikkie ook geskakel kan word vir raad ten opsigte van slangbyte.

 
 
 

Viewed: 1175

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Shared caption

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT