ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die trop rondloper beeste wat feitlik daagliks die dorp ingejaag word op soek na weiding. Hier is hulle afgeneem op die Soutpansberg Gholfbaan waar hulle telkens skade aan die setperke aanrig. Foto verskaf.

Rondloperbeeste maak amok in dorp

Date: 13 October 2018 By: Andries van Zyl

Baie inwoners van Louis Trichardt het nou al seker gewoond geraak daaraan om troppe beeste in die dorp se strate te sien.

Veral in die omgewing van Skuldbult gaan mens sukkel om nie elke dag vars beesmis in strate, op sypaadjies en in tuine te kry nie. Dit is omdat die groot trop beeste in die Hanglip Bosbouplantasie nou byna elke aand die dorp binnekom, op soek na weiding.

Party mense mag dalk dink dit is ‘n goedkoop manier om die tuin te bemes, maar ander is minder gelukkig daaroor. Een van hulle is Rampie Gilfillan van die Soutpansberg Gholfklub, want telkens vind die trop beeste hulle weg tot op die gholfbaan. “Hulle trap ons setperke stukkend. Ons het dit nou al hoeveel maal aan die owerhede gerapporteer, insluitend die munisipaliteit, verkeersafdeling en polisie, maar hulle doen niks,” het Gilfillan gesê.

Dit is blykbaar bekend aan die munisipaliteit, wat verantwoordelik is om die beeste te verwyder en op te sluit in die munisipaliteit skut, wie die eienaar(s) van die beeste is. In ‘n medianavraag aan die munisipaliteit is gevra waarom die beeste nog nooit geskut is nie en waarom daar nog nooit teen die eienaar(s) opgetree is nie?

Hierdie vrae is egter geïgnoreer, met die munisipaliteit wat aangevoer het dat hulle nog nooit die beeste kon skut nie, aangesien die vragmotor waarmee die beeste na die skut aangery moes word, stukkend was. “Ons is ten volle bewus van die probleem,” het munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi gesê. Hy het ook aangedui dat die rede vir hul gebrek aan optrede was dat hulle in die proses was om die vragmotor te herstel. “Die vragmotor is nou herstel en ons is gereed om ons dorp skoon te hou van rondloperdiere. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is,” het Bobodi gesê.

 
 
 

Viewed: 866

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT