ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die beskuldigde, Francois Labuschagne.

Saak uitgestel in afwagtend op pleitooreenkoms

Date: 22 November 2018 By: Andries van Zyl

Die saak teen ‘n voormalige finansiële adviseur, Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt, het op 20 November weer in die handelsmisdaadhof in Bellville voorgekom.

Labuschagne word daarvan aangekla dat hy beleggers na bewering uit sowat R1 miljoen bedrieg het.

Labuschagne is op 15 Januarie verlede vanjaar in Louis Trichardt gearresteer deur lede van die plaaslike speurtak, in samewerking met die Wes-Kaapse Valke. Sy saak is ná sy arrestasie oorgeplaas na die handelsmisdaadhof in die Kaap.

Labuschagne se arrestasie volg ná die afhandeling van ‘n ses-jaar-lange ondersoek teen hom. Die ondersoek hou verband met sy werksaamhede as 'n Sanlam finansiële adviseur op Ceres tussen 2005 en 2010.

Volgens inligting verskaf aan die koerant sou Labuschagne aan beleggers gesê het dat hulle beleggingsportefeuljes swak presteer en dat hulle eerder hul beleggings moet afkoop of omswaai na ‘n beter beleggingsmoontlikheid. Die kliënte sou dan aan Labuschagne volmag gee om hul beleggingsbedrae te herbelê. Labuschagne sou egter na bewering die beleggingsbedrae onttrek, maar nooit herbelê nie. Hierdie bedrag in “vermiste” geld beloop, volgens die inligting verskaf, meer as R900 000.

Labuschagne se saak is Dinsdag uitgestel tot 28 Januarie 2019 ter finalisering van ‘n pleitooreenkoms wat hy met die Staat wil aangaan.

 
 
 

Viewed: 572

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT