ADVERTISEMENT:

 

 
 

Agri SA waarsku oor die uitbreek van bek-en-klouseer in noorde

Date: 08 January 2019 By: 

Agri SA het in ‘n verklaring gesê hulle is baie bekommerd oor die aankondiging deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) vroeër vandag dat Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye status tydelik opgeskort is.

“DAFF het Suid-Afrika se status opgeskort na laboratoriumtoetse die uitbreek van die siekte in die verre noordelike dele van Limpopo bevestig het. Dit beteken dat enige uitvoere waar ‘n bek-en-klouseer-vrye-sone-verklaring vereis word, nie tans gesertifiseer kan word nie,” het Agri SA in ‘n verklaring gesê.

Volgens Agri SA  het kenners van DAFF en Limpopo se veeartsenykundige dienste verdere ondersoeke gedoen om resultate te verifieer en om die omvang van die uitbreking te bepaal. Beheermaatreëls sal na aanleiding van die bevindings van hierdie ondersoek in plek gestel word.

"Enige aangemelde voorvalle van bek-en-klouseer moet met die grootste erns behandel word weens die ernstige implikasies wat hierdie hoogs aansteeklike siekte vir lewendehawe- en wildboere kan hê," het Janse Rabie, Agri SA Hoof van Natuurlike Hulpbronne, gesê. "Enige verdagte gevalle moet onmiddellik by die plaaslike staatsveearts aangemeld word."

DAFF het die geaffekteerde gebied onder kwarantyn geplaas en geen beweging van diere en diereprodukte word toegelaat nie. Die saak is Maandag, 7 Januarie, by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) aangemeld.

 
 
 

Viewed: 1039

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT