ADVERTISEMENT:

 

 
 

Muhammed Mulla was Hoërskool Louis Trichardt se topmatrikulant met agt onderskeidings. Foto verskaf.

Triegies trots om 2018 matriekgroep

Date: 11 January 2019 By: 

Hoërskool Louis Trichardt is baie trots op hulle matriekgroep van 2018 wat ná afloop van die onlangse eindeksamen spog met ‘n slaagsyfer van 98,71%.

Uit hierdie 98,71% wat slaag het 89% van die matrikulante universiteits- en diplomavrystelling behaal . Die groep spog ook met ‘n totaal van 98 vakonderskeidings.

Die skool se top matrikulant was Muhammed Mulla, wat ‘n totaal van agt onderskeidings behaal het in onderskeidelik Engels eerste addisionele taal, Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering, geografie en rekeningkunde.

Anicka Nel het op haar beurt sewe onderskeidings opgeraap vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en rekeningkunde.

Met ses onderskeidings agter haar naam was Catrien Dekker die skool se derde beste matriekleerling. Sy het onderskeidings vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, rekeningkunde en besigheidstudies verwerf.

Ismail Jiwa kon huis toe gaan met vyf onderskeidings op sy rapport in onderskeidelik Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe, terwyl Danika Malan vier onderskeidings ingepalm het, nl. vir Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, lewenswetenskappe en inligtingstegnologie (IT).

Twee van die skool se matrikulante het elk drie onderskeidings verwerf. Mudzanga Mapholi het onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en rekeningkunde gekry, terwyl Jay-Houghan Ramango onderskeidings behaal in wiskunde, lewensoriëntering en fisiese wetenskappe.

In totaal spog 11 van Triegies se matrikulante met twee onderskeidings elk. Hulle is Phillip Apea Adu, Reneilwe Chabalala, Davhana Mafhungongoho, Davhana Ndihuwo, Jana du Plessis, Tshepiso Machaba, Holokile Mashamba, Khatutselo Mphephu, Arivhusaho Mugwena, Sumaya Nakedar en Arikonsaho Rantsu.

 
 
 

Viewed: 697

 

 
 

 
 

More photos... 

Anicka Nel het sewe onderskeidings opgeraap. Foto verskaf.

Catrien Dekker het ses onderskeidings gekry. Foto verskaf.

Danika Malan her vier onderskeidings ingepalm. Foto verskaf.

Ismail Jiwa spog met vyf onderskeidings. Foto verskaf.

Jay-Houghan Ramango het ook drie onderskeidings. Foto verskaf.

Mudzanga Mapholi het drie onderskeidings verwerf. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT