ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 70-jarige mnr. Harry du Plessis is gelukkig om te leef, nadat hy verskeie kere met ‘n mes gesteek is tydens ‘n aanval op hom op sy kleinhoewe. Foto verskaf.

70-jarige oorleef aanval op kleinhoewe

Date: 09 July 2019 By: Andries van Zyl

Nog ‘n inwoner van die Soutpansberg is Maandagaand wreed op sy kleinhoewe buite Louis Trichardt aangeval.

Die 70-jarige mnr. Harry du Plessis is omstreeks 17:00 deur drie mans by sy plaashek op een van die Rietvlei-kleinhoewes oorval. “Hulle het hom vreeslik seergemaak. Hy is sleg gesteek,” het Du Plessis se gewese vrou, Sylvia, Dinsdagoggend aan die Zoutpansberger gesê.

Du Plessis is tydens die aanval vier of vyf keer met ‘n mes gesteek, onder andere in die rug en nek. Die steek in sy rug het bloeding op een van sy longe veroorsaak, terwyl die steek aan sy nek sy slagaar rakelings gemis het. “Dit is net ‘n wonderwerk dat hy nie doodgebloei het daar op die plaas nie,” het Sylvia gesê.

Die aanvallers het met kontant, Du Plessis se selfoon en sy bakkie op die vlug geslaan. Du Plessis kon daarin slaag om na sy ander bakkie te kruip en het begin inry dorp toe. Gelukkig het ‘n buurvrou hom langs die pad gesien en opgemerk dat hy in die moeilikheid is. Sy het hom voorgekeer en met hom deurgejaag na die Zoutpansberg Privaathospitaal, waar sy toestand gestabiliseer is.

Du Plessis is kort ná die aanval oorgeplaas na die MediKliniek in Tzaneen. “Die goeie nuus is dat hy vanoggend uit die intensiewe sorgeenheid ontslaan is na ‘n gewone saal. Dokters sê sy toestand is stabiel,” het Sylvia gesê.

Du Plessis se bakkie is kort ná die aanval verlate by 3 Myl gevind. Die vermoede bestaan dat sy aanvallers die voertuig gelos het omdat hulle gesukkel het om te bestuur. Teen druktyd was die polisie nog op soek na die verdagtes. (‘n Volledige berig oor die aanval verskyn in hierdie week se uitgawe van die Zoutpansberger).

 

 
 
 

Viewed: 5274

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT