ADVERTISEMENT:

 

 
 

Bekende plaaslike skrywer dr. Philip Venter se jongste boek, Larasland, is nou beskikbaar. Ook nuut uit sy pen die afgelope jaar is sy boeke Knoets se Land, Vlugland en Guerillaland.

Steeds vloei die stories uit Philip se skrywerspen

Date: 22 November 2019 By: Andries van Zyl

Daar is blykbaar geen einde aan stories uit die pen van plaaslike digter, skrywer en predikant dr. Philip Venter nie.

Sy jongste boek, getiteld Larasland, is sedert twee weke gelede beskikbaar. Die boek handel oor ‘n gegoede jong meisie van Pretoria wat haar skielik in ‘n anargistiese milieu bevind. Dit forseer haar om haar hele lewensuitkyk te verander om te oorleef.

Larasland volg kort of die hakke van Knoets se Land, wat Venter in Julie vrygestel het. Die boek handel oor Knoets, ‘n oud-soldaat, wat homself en ander moet verdedig nadat hulle aangeval word. Ander boeke uit Venter se pen sedert 2018, toe hy Niemandsland, Bloedland, Swerwersland en Donkerland vrygestel het, sluit in Heldeland, Nuweland (niks met WP te doen nie), Bergland, Vlugland en Guerillaland.

Soos altyd is Venter se boek op ‘n fiktiewe scenario van realisme gebaseer. Alhoewel Venter sê die laat nagte van skryf hom nou begin vang, hou hy steeds daarvan om te skryf. “Ek skryf omdat ek glo elke ou het ‘n storie om te vertel en dit is my storie om te vertel. Uit die aard van die saak is dit ook ‘n ekstra inkomste vir my,” het Venter gesê. Al die boeke is op ‘n lekker-lees trant geskryf.

Venter se jongste projek is die boek Oumansland. “Dit gaan oor oud-soldate wat saamstaan om ‘n gemeenskaplike vyand die hoof te bied. Soos altyd speel die storie hom grootliks in Suid-Afrika af,” het Venter gesê.

Maar Oumansland is nie sy enige projek nie. “Ek is besig met nog vier boeke. Dit is ‘n familie-saga wat in 1800 begin en deurgaan tot in die moderne era. Die hoofkarakter is ‘n neef van Coenraad de Buys. Die reeks beloof lekker lees en is gemik daarop om mense weer bewus te maak van hul geskiedenis. Die eerste in die reeks van vier boeke behoort op 15 Desember vanjaar beskikbaar te wees,” het Venter gesê. Die reeks sal onder die titel Verraaiersfontein verskyn.

Al Venter se boeke is beskikbaar teen R300 per eksemplaar. “Indien vier of meer boeke gekoop word is die koste R250 per eksemplaar,” het Venter gesê.  

Vir meer inligting of om ‘n bestelling te plaas, skakel Venter by tel. 083 444 7672.

 

 
 
 

Viewed: 1796

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT