ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se twee top Graad 12-presteerders ná afloop van die 2019 eindeksamen was Bernice Meiring (links) en Khodani Kubayi (regs), elk met vyf onderskeidings. Foto’s verskaf.

Triegie-matrieks samel 92 onderskeidings in

Date: 09 January 2020 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se matrikulante van 2019 het ‘n totaal van 92 onderskeidings opgelewer, met die skool wat ‘n 96,89% slaagsyfer behaal het tydens verlede jaar se senior-sertifikaat eindeksamen.

Waarop die skool veral trots is, is die 64,8% van hulle matrikulante wat almal universiteitsvrystelling gekry het, terwyl 31,2% slaag met diplomavrystelling.

Triegies se twee top Graad 12-presteerders was Bernice Meiring en Khodani Kubayi, wat elk vyf onderskeiding inpalm. Bernice verwerf onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe en Geografie, terwyl Khodani onderskeidings behaal in Afrikaans eerste addisionele taal, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde.

Vier van Hoërskool Louis Trichardt se 2019 Graad 12’s behaal elk vier onderskeidings. Hulle is Chene Basson (Engels eerste addisionele taal, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering en Toerisme), Ele Makwarela (Afrikaans eerste addisionele taal, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, en Fisiese Wetenskappe), Lulama Muthavhine (Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde) en Kabelo Setjie (Venda huistaal, Engels eerste addisionele taal, Lewensoriëntering en Rekeningkunde).

Sewe Triegies behaal onderskeidelik drie onderskeidings elk, naamlik Michelle Burger, Linita Cilliers, Tshedza Mathegu, Mulisa Muswede, Khangala Ramahala, Raeesa Mayat en Theresa Ramulumisi, terwyl 10 leerlinge twee onderskeidings elk behaal. Hulle is Sune Beukes, Zane Botha, Orifha Kutama, Paradigm Mabade, Mukovhe Marole, Mukundi Mugwabana, Mulweli Muswede, Arib Patel, Mukhethwa Sitholimela en Tarina Terblanche.

 

 

 

 
 
 

Viewed: 1410

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT