ADVERTISEMENT:

 

 
 

Fransiska Ahrens van die CVO Skool Zoutpansberg was nie net die skool se top matrikulant van 2019 nie, maar ook een van die BCVO se top drie nasionale presteerders wat elk ses onderskeiding ingepalm het tydens die afgelope nasionale seniorsertifikaat eindeksamen.

Fransiska een van BCVO se top drie matrikulante

Date: 13 January 2020 By: 

Die CVO Skool Zoutpansberg buite Louis Trichardt het met trots aangekondig dat al hul Graad 12 leerlinge van 2019 hul nasionale senior eksamen geslaag het.

Nasionaal het die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) se 11 818 matrikulante van 2019 ‘n 98% slaagsyfer behaal in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se nasionale seniorsertifikaat eksamen. Dit was ‘n verbetering van 4% op 2018 se uitslae, met 74% van die CVO-kandidate wat toelating tot graadstudie behaal het, teenoor die 62% van 2018. 

'n Totaal van 89 onderskeidings is ingeoes, met 188 B-simbole. Alrica Smith van CVO Pretoria, Liezel van Schalkwyk van CVO Potgietersrus en Fransiska Ahrens van CVO Zoutpansberg was die BCVO se toppresteerders, nadat elk van hulle ses onderskeidings ingepalm het. Fransiska spog met ‘n 83% gemiddeld en behaal 90% vir wiskunde. Van die 89 onderskeidings het die CVO Skool Zoutpansberg se matrikulante 18 onderskeiding bygedra.

Op ‘n hartseer noot het die BCVO in ‘n verklaring hul medelye uitgespreek teenoor die familie van Schallie Hoogenboezem, ‘n 2019 matrikulant van die CVO Vivo, wat verlede week skielik oorlede is. “Schallie het matriek met graadtoelating geslaag. Baie sterkte aan sy ouers,” het die beweging se verklaring gelees.

 
 
 

Viewed: 1419

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT