ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wat talle mense opgemerk het, was die bokke se “gehoorsaming” van die verkeersreëls. Meer as een het gesê hulle het gesien hoe die trop bokke by rooi verkeersligte stilstaan en wag dat die lig vir hulle groen slaan voordat hulle die straat gekruis het. Foto verskaf.

Boerbokke se manewales laat inwoners gons

Date: 16 February 2020 By: Andries van Zyl

Partykeer wonder mens wat mense as werklike nuus beskou. Dié week blyk die hoofnuus die trop boerbokke te wees wat Maandag op en af in Songozwistraat in Louis Trichardt rondgedrentel het.

Reeds vroegoggend het die Zoutpansberger berig ontvang van die trop bokke. Dit was ook nie lank nie of inwoners het hul slimfone uitgepluk en foto’s van die trop op sosiale media begin versprei. Die Zoutpansberger het ‘n foto van die bokke op hul Facebook-blad geplaas, wat gelei het tot ‘n geweldige reaksie.

Die plasing op Facebook was teen Woensdagoggend reeds deur digby 7 500 mense gesien, met meer as 2 000 interaksies rakende die plasing. Die kommentaar het egter die interessantste leesstof uitgemaak.

“Dis nou wat ek noem 'n bok vir sports! Seker daarvan die voorste ene sing ‘ons gaan dorp toe!’" het Maré Van Der Merwe opgemerk. Oswald Eveleigh het grappenderwys opgemerk dat hy vermoed die bokke kom vanaf ‘n kuier by die Grasdak en gewaarsku dat hulle versigtig moet wees vir die “tragic cops” voor die ou ABSA bank.

Op ‘n “geskiedkundige” noot het Willem Kruger opgemerk dat daar in die jare 1950 en 1960 ‘n kraal net buite die dorp was op pad na Hanglip, waar mense ‘n koei of twee kon aanhou. Hyself kan onthou van hul eie koeie waar hulle daagliks melk gekry het.

Betreffende die onderwerp van koeie, en derhalwe beeste, is meeste inwoners van Louis Trichardt nou al gewoond aan die groot troppe beeste wat kronies hul weg vind in woongebiede in. ‘n Trop boerbokke is egter iets nuut. “Goeie hemel, wat is volgende,” het Helena van den Heever opgemerk. “Ja!!! Dis ‘n nuwe ene,” het Charlene de Fin opgemerk.

Meeste lesers het die bokke se manewales in ‘n humoristiese lig gesien. Wat talle mense opgemerk het, was die bokke se “gehoorsaming” van die verkeersreëls. Meer as een het gesê hulle het gesien hoe die trop bokke by rooi verkeersligte stilstaan en wag dat die lig vir hulle groen slaan voordat hulle die straat gekruis het.

Daar was egter ook dié wat duidelik meer sinistere idees met die bokke gehad het. “Kan handig begin raak vir die volgende kerkbasaar. Lekker sous,” het Fritz Ahrens opgemerk. Rynhardt Knoesen het op sy beurt die plasing gedeel met Wessel Esterhuizen met die inskrywing: “Nyala vir jou maat? Daar is paar!”

Wat presies later met die trop bokke gebeur het, is nie seker nie. Simon Miller het gemeen hulle is seker terug Grasdak toe.

 

 
 
 

Viewed: 1212

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Dié trop boerbokke wat Maandag in Songozwistraat in Louis Trichardt op en af gedrentel het, het wye reaksie op sosiale media ontlok. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT