ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image.

Coronavirus Church guide / Kerkgids

Date: 20 March 2020 By: Anton van Zyl

Measures in place at various church denominations to curb the spread of the coronavirus / Maatreëls in plek by verskillende geloofsgroepe ten einde die verspreiding van die coronavirus te beperk.

NG Kerk LTT-gemeente

Die gemeente se kerkraad het besluit om alle eredienste af te stel tot na die Paasnaweek. Die preke word op digitale platforms soos Youtube beskikbaar gemaak. Die gemeente gebruik ook platforms soos WhatsApp en sosiale media om met gemeentelede te kommunikeer.

Die gemeente versoek lidmate om alle ander byeenkomste, soos Bybelstudiegroepe, te beperk tot klein groepe. Met begrafnisse en troues word lidmate versoek om dit te beperk tot onmiddellike familie en nabye vriende.

NG Kerk SPB-gemeente

Eredienste by dié gemeente gaan voort soos gewoonlik. Volgens ‘n verklaring deur die gemeente verwag hulle nie groot getalle lidmate by die volgende paar weke se eredienste nie, omdat dit val in die skoolvakansie.

Gereformeerde Kerk LTT-gemeente

Eredienste by dié gemeente gaan vir eers voort soos gewoonlik, maar meer klem word gelê op maatreëls om die verspreiding van die virus te beperk.

“Lidmate ouer as 65 jaar en gesinne met kinders jonger as vier jaar, asook mense met onderliggende gesondheidsprobleme, sal gevra word om eerder nie eredienste by te woon nie,” het ds. Innes Nagel gesê.  Diegene sal steeds bedien word en preke sal op sosiale media beskikbaar gemaak word. Indien nodig, sê ds. Nagel, sal tegnologie gebruik word om direkte uitsendings vanaf die pastorie moontlik te maak.

Agapé-gemeente

Die gemeente het Donderdagoggend (19de) aangekondig dat hulle besluit het om vir eers alle eredienste af te stel. Volgens pastoor Sampie van Niekerk sal die eredienste deur middel van ‘n lewendige uitsending via die internet beskikbaar gemaak word.

Volgens pastoor Van Niekerk sal die kerkkantoor gesluit wees, maar die leraars sal steeds beskikbaar wees. Hy het gesê dat gemeente-aktiwiteite soos Bybelstudiegroepe voortgaan, maar in klein groepe en op diskresie van die lidmate daarby betrokke. “In ‘n tyd soos hierdie het mense samehorigheid nodig en moet hulle mekaar bemoedig,” het pastoor Van Niekerk gesê.

Die Agapé-gemeente het lidmate aangemoedig om direkte kontak te vermy en alles nodig te doen om die verspreiding van die virus te voorkom.

St Mark Anglican Church

The church’s leadership met on 17 April and decided to postpone all non-urgent meetings. Should meetings be necessary, it must be limited to only a few people.

Although Sunday services will still continue, Confirmations Services are postponed until after Easter, after which the situation will be evaluated. “The reason for this is because Confirmation Services are always greater than 100 people, and this is followed by celebratory meals,” the church states.

Baptisms may only be done in emergencies and no combined or other baptisms are permitted until after Easter. Sunday School and Baptism classes are to be suspended. Funerals are to be kept very small with only immediate family present. Palm Sunday Services are not to be combined and may only to be held in each Chapelry.

As far as Good Friday services are concerned, it is recommended that it be limited to an hour.

Baptiste-gemeente

Volgens ds. Johan Marais gaan hul dienste Sondagoggende en Sondagaande voort soos normaal. Hy versoek egter die lidmate om nie mekaar te soengroet of selfs hande te skud nie. Die gemeente sal na alle waarskynlikheid vir eers die nagmaalvieringe uitstel.

Ds. Marais sê dat hulle ook sover moontlik maatreëls sal instel om te probeer voorkom dat die virus versprei word.

Town mosque and Masjid-Al-Noor mosque

At the mosques all Big Night programmes were cancelled. The Friday prayers continue as normal, but with different time slots. Only a maximum of 90 people will be allowed per mosque, where after the doors will close.

The First Prayer starts at 12:30 (Azaan) and 12:45 (Kutba). The Second Prayer starts at 13:10 (Kutba).

Hervormde Kerk Broodboom-gemeente

Ds. Ronel Eckardt het laat weet dat die dienste voortgaan soos normaal. Die gemeente is relatief klein en maatreëls sal getref word om te probeer voorkom dat virusse versprei.

Sewende-dag Adventiste-gemeente

By dié gemeente gaan dienste soos gewoon Saterdae voort, veral omdat die gemeente nie verwag dat meer as 100 lidmate op ‘n slag opdaag nie. Daar word egter verskeie maatreëls ingestel om die veiligheid van lidmate te bevorder, soos dat daar nie hande geskud word nie.

Die diakonie sal seker maak dat lidmate se hande ontsmet word by die ingange van die kerk en die kinderklasse. Nagmaal- en doopdienste word vir eers uitgestel. Geen gemeente-etes sal aangebied word nie en ouer lidmate sal ontmoedig word om eredienste by te woon. Die eredienste word ook direk op sosiale media uitgesaai.

Alle hospitaal-, gevangenis- en skoolbedienings word vir eers gestaak.

Veritas-gemeente

“Ons gaan gewoonweg voort,” sê dr. Phillip Venter, die gemeente se leraar. Hulle tref egter wel reëlings soos dat lidmate gehelp word met higiëne, soos hande ontsmet voor kerk en die rye verder uitmekaar sit.

AGS Charisma (LTT)

Pastoor Leoni Meyfarth sê die gemeente is kleiner as 100 lidmate, dus het die beperkings nie so ‘n groot impak op hulle nie. Vir eers gaan hulle dienste soos gewoon aan.

Pastoor Meyfarth sê dat hulle wel byeenkomste soos die kinderkerk en bidure vir eers afgestel het. Eredienste word digitaal opgeneem en beskikbaar gemaak op die internet. Vir diegene wat nie internettoegang het nie, word die preke op CD beskikbaar gemaak. Die gemeente het ook maatreëls in plek gesit soos om handreinigers by ingange beskikbaar te maak en gemeentelede word gevra om tydens eredienste verder van mekaar te sit. Dit is ook belangrik dat gemeentelede in die tyd bemoedig word.

NG Kerk Levubu-gemeente

“Die dagbestuur van die kerkraad het besin oor die ramptoestand en besluit dat ons eredienste soos gewoonlik sal voortgaan deur die vakansie,” sê ds. Petrus Kriel. Hy voeg by dat bywoning gedurende skoolvakansies baie minder as 100 lidmate is.

“Ons sal egter dit dag vir dag bestuur en dadelik kommunikeer as die situasie enigsins  verander. Elke lidmaat is vry om sy eie besluit oor bywoning te neem terwyl ons met die eredienste voortgaan. Ons vra lidmate om ons asb. in te lig sou u siek voel,” sê ds. Kriel.

Hindu Seva Samaj

The Louis Trichardt Hindu Seva Samaj Committee has taken the decision to halt/postpone all further gatherings/prayers/functions until further notice. These include the AGM, Local Hanuman Chalisa and United Hanuman Chalisa. “It is our plea to the entire community to understand the magnitude of this virus and to take the correct measures to combat it,” said the committee in a statement.

Nie al die gemeentes het gereageer op versoeke om inligting oor hul aktiwiteite deur te gee nie. Sodra dit egter ontvang word, sal die inligting bygevoeg word. Stel ons asb. ook in kennis indien daar veranderinge is.

Not all religious groups have responded to our invitation to make information available about their activities during this period. Once information is received, it will be added. We request churches to please tell us if there are any changes so that we can update the list

 

 
 
 

Viewed: 878

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT