ADVERTISEMENT:

 

 
 

Honderde burgerregte aktiviste het Vrydagoggend by die landdroshof op Morebeng (Soekmekaar) saamgekom om vreedsaam te betoog teen die ongekende vlaag van misdaad wat die land tans ervaar. Die optog is gehou tydens die eerste hofverskyning van die verdagtes in die plaasaanval op die Joubert-egpaar van Legkraal Woensdagoggend. Foto verskaf.

“Moenie huiwer om jouself te verdedig nie”

Date: 07 August 2020 By: Andries van Zyl

Mnr. Fanie Havinga, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, was deel van honderde burgerregte aktiviste vanaf Vivo, Alldays, Levubu, Louis Trichardt, Polokwane, en selfs mense van Hoedspruit, wat vanoggend buite die hof op Soekmekaar betoog het teen onder meer plaasmoorde.

“Hierdie optog gaan nie net oor plaasaanvalle en -moorde nie. Dit gaan oor misdaad in die algemeen. Dit is besig om hand uit te ruk en ons beweeg na ‘n staat van anargie,” het Havinga ná afloop van die optog gesê.

Die optog het plaasgevind tydens die verskyning van die verdagtes gearresteer in verband met die plaasaanval op die 62-jarige Chris Joubert en sy 58-jarige vrou Lionise Woensdagoggend, 5 Augustus. Die egpaar is net ná 01:30 deur ‘n groep gewapende mans in hul plaashuis in die Legkraal-omgewing oorrompel. Chris het ernstige kopwonde tydens die aanval opgedoen en is in ‘n bedenklike toestand deurgejaag na Polokwane vir mediese behandeling. Lionise is tydens die aanval verkrag en in die been geskiet.

“Ek vra alle landelike inwoners om asseblief paraat te wees, en moenie huiwer om jouself te verdedig teen enige bedreiging nie,” het Havinga gesê.

Die verdagtes het nie borg gekry tydens hul verskyning nie en hul saak is uitgestel tot 14 Augustus.

 

 
 
 

Viewed: 2032

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Mense van so ver as Vivo, Alldays, Levubu, Louis Trichardt, Polokwane, en selfs Hoedspruit, het Vrydagoggend deel gevorm van die konvooi voertuie wat deurgery het om te betoog teen onder meer plaasaanvalle en -moorde tydens die verdagtes in die Joubert-plaasaanval se eerste hofverskyning in Morebeng (Soekmekaar). Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT