ADVERTISEMENT:

 

 
 

Tristan Malherbe (2) is in Junie vanjaar met akute leukemie gediagnoseer. Foto verskaf.

Ma Lulu en Tristan sal hulp waardeer

Date: 17 July 2021 By: Denise van Bergen

Klein Tristan Malherbe het sy tweede verjaarsdag op 17 Mei hierdie jaar gevier. Vir enige kleinding op daardie ouderdom is koek en partytjie saam met ‘n paar maatjies mos nou die heel lekkerste, om nie eers te praat van die persente nie!

Skaars twee weke later het die mannetjie nie te lekker gevoel nie en sy mamma, Luandri (Lulu), hom op 2 Junie na ‘n dokter in Tzaneen geneem. Die dokter het toe dadelik bloedtoetse laat doen, want sy gelaatskleur was goed nie. Op die oggend van 3 Junie is hy per ambulans na Unitas Hospitaal vervoer, waar hy opgeneem is. Nog toetse is dadelik gedoen en dit het bevestig – hy het akute leukemie. Sy behandeling het op 4 Junie begin.

In die volgende maand, tot en met 1 Julie, het hy Maandae en Woensdae vinnige chemo met ‘n spuit ontvang, Vrydae lang chemo met ‘n drup, een Vrydag ‘n beenmurg toets en een Vrydag ‘n lumbale punksie.

Tristan is op ‘n mediese fonds, maar omdat Luandri, wat ‘n enkelouer is, voltyds by hom is en nie kan werk nie, het die gemeenskap in Giyani, waar hulle woon, besluit om Ferreira Venter Laws en Nel Ouditeure in Tzaneen te kontak. Hulle het gehelp om ‘n trustrekening vir Tristan oop te maak wat hulle namens Luandri sal bestuur. Hierdie trust gaan help met fondse om vir hulle verblyf, mediese bybetalings, ensovoorts te betaal.

Luandri en Tristan se ouma, Riana Prinsloo, moes ‘n woonstel naby aan die hospitaal kry sodat hy naby genoeg is vir die behandeling wat hy oor die volgende sewe tot agt maande moet kry. Hy is dus nou nie net in hierdie vreemde plek nie, maar sy liggaampie is seer en hy weet nie hoekom nie. Die kortisoon wat hy die afgelope maand moes gebruik, het hom ‘n onblusbare eetlus gegee, wat maak dat hy geswel lyk.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak kan dit direk in die volgende trustrekening inbetaal:

Standard Bank
MALHERBE PRINSLOO T
Rekeningnommer: 23 036 202 8
Tak: Tzaneen
Takkode: 05 2749

Vir verdere inligting, kontak gerus vir Izak Claasen by Ferreira Venter Laws en Nel by tel. 015 307 3750, Luandri by 064 967 9809 of Riana by 082 306 9342.

 

 
 
 

Viewed: 982

 

 
 

Denise van Bergen

Denise van Bergen joined the Zoutpansberger/Limpopo Mirror in November 2020. She has previous experience as a journalist working for Die Pos in Modimolle.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT