ADVERTISEMENT:

 

 
 

Nog ‘n goeie inskrywing van Len Dames. Hy het hierdie sonsondergang by Ratho Bush Camps afgeneem met sy Canon EOS 6D. Hy het ‘n 24-105 mm lens gebruik, met ‘n lensopening van F22 teen 1/30 van ‘n sekonde en ‘n filmspoed van 1 600.

Net ‘n week oor om wenfoto’s vir Junie in te stuur

Date: 25 June 2022 By: Andries van Zyl

Nog net ‘n week bly oor vir die streek se fotograwe om hulle wenfoto’s vir die Zoutpansberger se kalenderfoto-kompetisie vir Junie in te stuur.

Fotograwe sal tot en met die laaste week van elke maand hê om hulle foto’s vir daardie maand in te skryf en ‘n wenfoto sal vir elk van die 12 maande gekies word.

‘n Maksimum van vyf foto’s per fotograaf per maand kan ingestuur word. Oudergewoonte soek ons na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld, van unieke landmerke en besienswaardighede tot die natuurlewe. Die foto moet egter binne die afgelope 24 maande geneem gewees het en moet die fotograaf se eie werk wees.

‘n Prys van R600 sal vir elke maand se wenfoto betaal word. Elke maand se wenfoto sal in die laaste week van die maand gepubliseer word. Deur die maand sal van die beter inskrywings wat ontvang is ook gepubliseer word. Wat beoordeling betref, sal gekyk word na tegniese aspekte soos beligting, skerpheid en komposisie.

Slegs hoë-resolusie digitale foto’s (verkieslik landskap-formaat) sal aanvaar word. Die foto’s kan in hoë resolusie per e-pos gestuur word (een-vir-een indien dit groot foto’s is), of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.

Die 12 wenfoto’s sal aan die einde van die jaar in ‘n groot-formaat muurkalender vir 2023 saamgevat word. Die kalender sal dan onder meer deur die Zoutpansberger  gebruik word vir bemarkingsdoeleindes.

Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure). Hoë-resolusie foto’s kan ook aan hom gestuur word per e-pos na [email protected].

 
 
 

Viewed: 530

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT