ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die eenjarige Luan Oosthuizen het Vrydagoggend sy ogies oopgemaak, nadat hy Dinsdag weens ernstige longinfeksie in die hoësorg-eenheid van die Medi Kliniek in Tzaneen opgeneem is. Foto verskaf.

Bid steeds vir klein Luan en familie

Date: 13 October 2017 By: Andries van Zyl

Inwoners word gevra om steeds te bid vir klein Luan Oosthuizen.

Die eenjarige Luan is Maandag opgeneem in die Zoutpansberg Privaathospitaal, maar is Dinsdag oorgeplaas na die Medi Kliniek in Tzaneen waar hy dadelik opgeneem is in die hoësorg-eenheid vanweë ‘n uiters ernstige longinfeksie. Hy is dieselfde dag wat hy opgeneem is op ‘n ventilator geplaas om hom te help asemhaal.

Ma Chané van Louis Trichardt het Vrydagoggend aan die Zoutpansberger gesê dat dit onder omstandighede beter gaan met Luan. “Hy het selfs sy ogies vanoggend oopgemaak. Volgens die dokters sal Luan egter nog vir ‘n tyd in die hoësorg-eenheid moet bly,” het Chané gesê.

Luan se ouers beskik nie oor ‘n mediese fonds nie en Luan se mediese koste beloop ongeveer R14 700 per dag. “Ons sê baie dankie vir die wat ons al gehelp het. Julle weet nie wat dit vir sy mamma en pappa beteken nie. Ons sal nog elkeen persoonlik bedank,” het ‘n vriend van die familie, Lizelle Knoesen gesê.

Om meer uit te vind oor Luan se toestand, kan Lizelle geskakel word by tel. 082 858 8770

 
 
 

Viewed: 2009

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT