ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die twee jagmesse waarop daar beslag gelê is, nadat die polisie vier vermeende wilddiewe in die Mara-omgewing aangekeer het. Foto: Limpopo SAPD Kommunikasie.

Beweerde wilddiewe amper op heterdaad betrap

Date: 10 January 2018 By: 

Vier vermeende onwettige jagters se planne om wild te jag op ‘n plaas in die Mara-omgewing is deur die polisie in die wiele gery.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt.kol. Moatshe Ngoepe is Trymore Dube, Clinton Sithole, Clever Ndlovu, en Raymond Mthombeni  aangekeer ná ‘n wenk wat die polisie ontvang en opgevolg het.

Tydens die vier se arrestasie het die polisie beslag gelê op twee jagmesse, vier selfone en ‘n .375 jaggeweer met 10 rondtes ammunisie. Al vier die mans het Maandag vlugtig in die Tshilwavhusiku Landdroshof verskyn op klagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet, die Limpopo Omgewingsbestuurswet en die onwettige betreding van privaateiendom. Hulle is nie gevra om te pleit nie en sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 25 Januarie om die polisie die geleentheid te gee om hul ondersoek af te handel.

 
 
 

Viewed: 414

 

 
 

 
 

More photos... 

Die polisie glo hierdie .375 ammunisie was bestem om onwettig wild te jag op 'n privaatplaas in die Mara-omgewing. Foto: Limpopo SAPD Kommunikasie.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT