ADVERTISEMENT:

 

 
 

Heidi-Lene Jonck

Heidi-Lene kritiek ná ongeluk op Albasini

Date: 12 March 2018 By: Isabel Venter

‘n Beroep is Maandag gedoen op die gemeenskap van Louis Trichardt vir ondersteuning en gebede vir die 23-jarige Heidi-Lene Jonck.

Heidi-Lene was Sondag, 11 Maart, betrokke in ‘n bootongeluk op die Albasinidam. Volgens berigte op Facebook het Heidi-Lene ernstige beserings opgedoen toe ‘n pretrit op ‘n buiteband (tube) wat agter ‘n boot getrek is, verkeerd geloop het. Heidi-Lene is teen die kant van ‘n ander boot geslinger en het ernstige beserings opgedoen.

Die Zoutpansberger is Maandag oorval met boodskappe van inwoners wat hulp vra. Daar was ook inwoners wat Heidi-Lene se storie op Facebook gedeel het.

Heidi-Lene is Sondagaand vanaf die Zoutpansberg Privaathospitaal oorgeplaas na die MediClinic in Polokwane. Volgens die inskrywing op Facebook het Heidi-Lene ernstige kopbeserings opgedoen en is dokters bekommerd oor haar been, wat glo geen polsslag het nie.

Ongelukkig beskik nie Heidi-Lene of haar gesin oor ‘n mediese fonds nie, en moes Heidi-Lene laataand dieselfde dag oorgeplaas word na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal. Die MediClinic het R150 000 vereis om haar in ‘n hoësorg-eenheid te plaas en ‘n verdere R15 000 om ‘n breinskandering te doen.  

Die provinsiale hospitaal kan egter nie help met ‘n breinskandering nie, en daar is Maandag gehoop dat Heidi-Lene oorgeplaas kan word na die Mankweng Hospitaal vir verdere toetse. Hierdie toetse is nodig voordat dokters op Heidi-Lene kan opereer.

Heidi-Lene was Maandag in ‘n stabiele maar steeds kritieke toestand. Haar pols was baie hoog, wat moontlik kan dui op interne bloeding, en sy is op ‘n asemhalingsmasjien gekoppel en onder hewige verdowing gehou.  

 
 
 

Viewed: 3799

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Heidi-Lene Jonck is tans in 'n kritieke toestand ná 'n pretrit op die Alabsini Dam skeef geloop het die afgelope naweek. Foto: Facebook.

Heidi-Lene Jonck is tans in 'n kritieke toestand ná 'n pretrit op die Alabsini Dam skeef geloop het die afgelope naweek. Foto: Facebook.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT