ADVERTISEMENT:

 

 
 

Koben Hofmeyr glimlag vanuit sy hospitaalbed in die Wilgers Hospitaal. Saam met hom is sy ma, Annelize. Die gesin het saam met Koben 'n beroep gedoen op die gemeenskap van Louis Trichardt om nie op te hou bid vir sy volkome herstel nie. Foto verskaf.

Gebede gevra vir seun na nekbeserings

Date: 21 May 2018 By: Isabel Venter

Die ouers van Koben Hofmeyr, wat die afgelope naweek ‘n nekbesering opgedoen het, het by inwoners gepleit om steeds saam met hulle te bid vir hul oudste seun se herstel.

Koben, wat vir Hoërskool Louis Trichardt se o.16-rugbyspan speel, se nek is beseer tydens ‘n wedstryd teen Hoërskool Warmbad.

Hy is Saterdagaand laat in die Groenkloof Hospitaal in Pretoria opgeneem, waar hy reeds ‘n noodoperasie ondergaan het om van die skade te herstel. Sy ouers, Trompie en Annelize, is by hom in die hospitaal, vanwaar hulle gevra het dat almal tuis aanhou bid vir Koben se volkome herstel.

Annelize het Maandag telefonies aan die Zoutpansberger gesê hulle is oorweldig deur die hoeveelheid ondersteuning en boodskappe van bemoediging wat hulle reeds ontvang het. “Ons kan net dankie sê daarvoor,” het Annelize gesê.

Die gesin het onderneem om later ‘n volledige onderhoud aan die koerant toe te staan.

 
 
 

Viewed: 1359

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT