ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se Wilné Kotzé was een van slegs 11 kinders nasionaal wat ‘n erepenning ontvang het tydens die finaal van die ATKV Tienertoneel op 2 Oktober. Foto verskaf.

Top toekenning vir Wilné tydens ATKV finaal

Date: 18 October 2018 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep het met hul aanbieding van Ink skitterend gevaar tydens die nasionale ronde van die ATKV Tienertoneel tussen Suid-Afrika en Namibië op 2 Oktober in Roodepoort.

Dit was veral Triegies se Wilné Kotzé wat haar skool se naam hoog gehou het. Uit die 3 500 leerders wat aan 195 produksies deelgeneem het, is slegs 11 individuele toekennings gemaak. Een van die toekennings is aan Wilné gemaak, toe sy ‘n erepenning ontvang het vir beste verhoogbestuurder van 2018.

 Nog ‘n lid van Triegies se toneelgroep, Xander Venter, het ‘n nominasie ontvang vir beste akteur in ‘n hoofrol, wat eweneens besonders was.

Triegies se Ink-verhoogstuk was een van die 15 top produksies wat na die finaal van die kompetisie genooi is.

 
 
 

Viewed: 327

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT