ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Andries van Zyl (47). Foto verskaf.

Andries van Zyl skielik oorlede

Date: 19 October 2018 By: Jo Robinson

Andries van Zyl van Louis Trichardt is op die jong ouderdom van 47 ná 'n kort siekte skielik oorlede. Sy vriende en familie het gesê dat hulle hom met hartseer en ‘n geskokte gemoed gegroet het.

Gebore op 7 Mei 1971 is Dries (soos hy alombekend was) om 07:00 op Maandag, 8 Oktober, oorlede.

Dries was ‘n opregte man en hy het al sy lewe hard gewerk, vertel sy suster, Nicollette van Zyl. “Hy het altyd die beste raad gegee. Ons twee het baie saam gekuier en ek gaan daardie tye baie, baie mis. Hy het ook altyd maklik gelag en geglimlag,” het Nicolette gesê.

Nicolette het gesê niemand het die hartseer sien kom nie. “Jou hele familie gaan jou elke dag mis, Dries. Ons sal jou vir altyd met liefde in ons harte hou, maar ons verstaan dat die Here somtyds die mooiste blomme eerste pluk,” het Nicolette gesê.

Dries word oorleef deur sy ma Valerie, suster Nicollette, ander sussie Shirley Gouws en neefs Donovin en Brandon. “Ons sal jou altyd onthou met liefde, Dries. Jy is altyd in ons gedagtes,” het Nicolette gesê.

 

 
 
 

Viewed: 919

 

 
 

Jo Robinson

Jo joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2018 pursuing a career in journalism after many years of writing fiction and non-fiction for other sectors.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT