ADVERTISEMENT:

 

 
 

Mr Johan Minnie, hoof van Hoërskool Eric Louw in Musina, vertoon trots die trofee wat die skool ontvang het vir ‘n 100% slaagsyfer vir ‘n skool met meer as 50 matriekleerlinge. Foto verskaf.

Eric Louw spog met 100% slaagsyfer

Date: 11 January 2019 By: 

Hoërskool Eric Louw in Musina spog vanjaar met ‘n 100% slaagsyfer na afloop van die 2018 matriek eindeksamen.

Die skool se top matriekleerling was Onkarabetse Machimana, wat wegstap met vyf onderskeidings, nl. in Afrikaans eerste addisionele taal, Engels huistaal, geskiedenis, lewensoriëntering en geografie. Hy mis ‘n sesde onderskeiding met slegs 1% met 79% vir besigheidstudies.

Twee van die skool se leerlinge het elk twee onderskeidings behaal. Claudia Celliers het onderskeidings in Engels eerste addisionele taal en lewensoriëntering verwerf , terwyl Ambani Makuya onderskeidings gekry het in Afrikaans eerste addisionele taal en lewensoriëntering.

Drie Louwtjies het elk een onderskeiding behaal. Hulle was Mecy Netshiavha (geskiedenis), Megan Fortuin (Afrikaans eerste addisionele taal) en Katlego Mabusela (geografie).

 
 
 

Viewed: 624

 

 
 

 
 

More photos... 

Ambani Makuya verwerf twee onderskeiding. Foto verskaf.

Twee van Eric Louw se leerlinge het elk twee onderskeidings ingepalm. Een van hulle was Claudi Celliers. Foto verskaf.

Onkarabetse Machimana was Eric Louw se top presteerder met vyf onderskeidings. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT