ADVERTISEMENT:

 

 
 

Nog geen arrestasie na moord by vulstasie

Date: 17 January 2019 By: 

Die polisie in Louis Trichardt het nog geen arrestasies gemaak in verband met ‘n 32-jarige man wat net ná middernag Dinsdagoggend koelbloedig by ‘n plaaslike vulstasie doodgeskiet is nie.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder kol. Moatshe Ngoepe het die oorledene met ‘n vrou in sy voertuig gesit en gesels by die BP vulstasie (Bridge Auto) in Rissikstraat, toe hy deur ‘n onbekende groep mans genader is. “Die verdagtes het hom gekonfronteer en vir sy karsleutel gevra. Toe hy weier, het hulle hom doodgeskiet,” het Ngoepe gesê.

Die man is verskeie kere geskiet, waarna sy aanvallers gevlug het sonder om enige iets te neem. Die voorval het voor getuies plaasgevind en daar is blykbaar ook beeldmateriaal van die voorval op sekuriteitskamera vasgelê.

Die voorval het omstreeks 00:30 plaasgevind. Niemand anders is beseer nie. Die vrou wat saam met die oorledene in die Fidelity sekuriteitsvoertuig gesit het, was ongedeerd.

 
 
 

Viewed: 916

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT