ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle tannie Alie Dauth (85).

Bekende tannie Alie sterf

Date: 17 January 2019 By: 

‘n Boorling van die Soutpansberg, tannie Alie (Alletha) Dauth, is verlede Donderdagaand, 10 Januarie, in die ouderdom van 85 jaar oorlede.

Tannie Alie was ten tye van haar afsterwe by haar seun, Dries Rossouw, en skoondogter Rita woonagtig. “Ma het die afgelope tyd maar gesukkel met haar gesondheid,” het Dries Dinsdag gesê. Sy sal veral onthou word deur die inwoners van Laat lente en Herfsakker.

Wyle tannie Alie is Woensdagoggend vanuit die Gereformeerde Kerk in Louis Trichardt begrawe. Sy word oorleef deur haar seuns Flip (met skoondogter Riëtte) en Dries (met skoondogter Rita), kleinkinders Anet, Elize en Cobus en vier agterkleinkinders Junior, Renet, Derrick en Elizma.

“Ons wil graag dr. Fred Badenhorst, dr. Anneke Malan, ds. Innes Nagel, die susters van die Gereformeerde Kerk vir die eetgoedjies, Dries en Gerda die begrafnisondernemers en al die begrafnisgangers bedank vir hul belangstelling en ondersteuning. Dankie ook aan elkeen wat ons as familie bygestaan het in hierdie moeilike tyd,” het Dries gesê.

 
 
 

Viewed: 255

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT