ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Swartkop-honderdpootvreter (Aparallactus capensis). Foto’s: Limpopo Snake Removals.

Soos die naam sê jag hy aktief honderdpote

Date: 20 April 2019 By: 

In hierdie week se gereelde kolom oor die Soutpansberg se slange word daar gekyk na die Swartkop-honderdpootvreter (Aparallactus capensis).

“Hierdie klein, slanke slangetjie van ongeveer 30 cm tot ‘n maksimum van 40 cm is deur die nag aktief en word gereeld in tuine aangetref onder tuinrommel en ook onder klippe en ou termietneste,” sê plaaslike slangkenner en vanger Jan “Slang” van Rooyen.

Soos die naam aandui, maak hierdie slangetjie aktief jag op honderdpote, wat hulle vasbyt en kou totdat die gif inskop. Die honderdpoot word dan kop eerste ingesluk. “Alhoewel hierdie slangetjie deel is van die agtertand slange en matig giftig is, het die gif amper geen uitwerking op die mens nie. Die slangetjies byt ook slegs in baie uiterste gevalle,” het Jan gesê.

Weens die feit dat hulle selde byt, het Jan versoek dat mense eerder die slang met rus moet laat. “As hy dalk in jou huis inkom, kan hy maar net met ‘n besem uitgevee word,” het Jan gesê.

Jan het mense uitgenooi om hom of Frikkie Venter te skakel indien hulle ‘n probleem met ‘n slang ondervind. “Laat ons die slang eerder kom vang as wat hy doodgemaak word,” het Jan gesê. Jan se nommer is 081 217 9213 en Frikkie kan geskakel word by 082 058 7601. Jan kan ook gekontak word vir meer inligting oor slange.

 

 
 
 

Viewed: 521

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT