ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 70-jarige Harry du Plessis is weer tuis.

“Daar is soveel om voor dankbaar te wees”

Date: 08 August 2019 By: 

Die 70-jarige mnr. Harry du Plessis, wat op 8 Julie wreed op sy kleinhoewe buite Louis Trichardt aangeval is, skryf:

Ek is weer tuis en het reeds 15 Julie begin werk. Ek is bly om te kan sê dat ek goed herstel het van die steekwonde wat ek tydens die aanval opgedoen het. Graag wil ek baie dankie sê aan die Hemelse Vader wat my gespaar het en die geleentheid gegee het om hierdie bedanking te doen.

Baie dankie, Marilize Botha, die buurvrou wat alles gelos het en my hospitaal toe bestuur het. Sy is ook van die plaaswag wat al die nodige mense in kennis gestel het van die aanval.

‘n Groot dankie ook aan dokters Anneke Malan en Pieter de Wet wat my dadelik onder hande geneem het en die nodige gedoen het, soos steke ingesit het en ‘n dreinering in die long. Laasgenoemde was die seerste van die hele oefening. So ook ER-ambulansdienste wat my afgevoer het Tzaneen toe. Inderdaad was hulle baie professioneel. Dankie ook aan dr. Gert van der Merwe wat my ná twee die oggend in Tzaneen ingewag het om te behandel.

Baie dankie aan Lilian van Niekerk, wat alles gelos en my kom bystaan by die hospitaal  en al die nodige kansellasies van bankkaarte ensovoorts gedoen het. Neef Louis Venter van Levubu, baie dankie vir jou besoeke.

Ek wil ook baie dankie sê aan pastoor Chris Mattheus van die Agapé-gemeente wat vir my kom bid het, asook past. Christo van Rooijen en past. Wietz Oosthuizen van die Lede in Christus kerk in Polokwane vir die besoeke en gemeente se gebede. Dankie ook aan Bikers for Christ se pastoor André, asook die vyf biskoppe by Westminster Abbey in Londen wat vir my gebid het.

Baie dankie aan al die vriende en kennisse vir julle hulp en bystand. Daar is net te veel om te noem en as daar iemand is wat ek dalk vergeet het om te noem, vra ek om verskoning. Dit sluit in al die manne (en vroue) van die dorps- en plaaswag. Dankie ook vir diegene wat my gesteelde bakkie so vinnig weer teruggekry het.

Daar is soveel om voor dankie te sê en om voor dankbaar te wees. Baie dankie aan die hele gemeenskap oor al die kleurgrense heen vir julle ondersteuning. Dit sluit in Aaron Mbedzi wat onmiddellik verlof geneem het om my kleinhoewe en plaasdiere te kom oppas.

Laastens, maar nie minste, nie wil ek die Heilige Gees bedank wat die nag van 9 Julie tot my gespreek het en gesê het ek moet vergewe en prys spreek. Ek het dit gedoen en dit het my kop skoongemaak.

 
 
 

Viewed: 192

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT