ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle oom Pieter Goosen (78). Foto verskaf.

Oom Pieter Goosen verloor stryd teen kanker

Date: 06 August 2020 By: 

Inwoners van Louis Trichardt het met groot hartseer verneem van die afsterwe van oom Pieter Johannes Goosen weens kanker op 24 Julie in die ouderdom van 78 jaar.

Oom Pieter was ‘n bekende plaaslike beesboer, asook die eienaar van Goosen Vervoer. Wyle Pieter Goosen het sy laerskool- en hoërskoolloopbaan in Louis Trichardt voltooi, waarna hy homself gaan kwalifiseer het as ‘n diesel- en petrolwerktuigkundige, asook ‘n passer en draaier.

Wyle oom Pieter se begrafnisdiens het Vrydag, 31 Julie, op die familieplaas plaasgevind. Hy word oorleef deur sy vrou Betsie, dogters Elsabè en Marie Jordaan, seun Peet Goosen, skoonseun Kobus Jordaan, kleinkinders Johan, Maryka, Orlando, Jacques, Mariska en Esmarie en agterkleinkinders Louriska, Adriano, Arianca en susters Joan Steyn en Wilma Venter.

“Baie dankie vir almal wat ons bygestaan het met gebede en onderskraging. Dankie ook vir almal se boodskappe en oproepe,” het die familie gesê.

 
 
 

Viewed: 847

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT