Jani Badenhorst (links) en André Breytenbach (regs). Foto's verskaf.

Tien onderskeidings vir CVO se matrieks

Date: 25 February 2021 By: Pétria de Vaal

Viewed: 568

CVO Zoutpansberg se nege 2020 matrikulante het almal geslaag met universiteitsvrystelling en spog gesamentlik met tien onderskeidings in die Nasionale Seniorsertfikaat-eksamen by die “Independent Education Board” (IEB).

Jani Badenhorst was nie net die toppresteerder in Graad 12 nie, maar ook die skool se DUX-leerling en behaal onderskeidings in vier van haar vakke, naamlik Rekeningkunde, Christelike Lewensoriëntering, Wiskunde en Sport- en Oefenkunde. Sy gaan vanjaar Biokinetika by Tukkies studeer.

André Breytenbach spog met twee onderskeidings in Geografie en Christelike Lewensoriëntering. Hy gaan BSc Omgewingswetenskappe met Dierkunde en Geografie by NWU (Potchefstroom) studeer.

Beide Jani en André is ook genooi na die BCVO se glansgeleentheid waar aan Graad 12-leerlinge erkenning gegee word vir topprestasies.

Waldo Stemmet behaal ‘n onderskeiding in Christelike Lewensoriëntering. Hy studeer aanlyn deur IT Academy en daarna gaan hy verder studeer in Kubersekuriteit. Bedags werk hy op die familieplaas.

Chrisja Pretorius behaal ‘n onderskeiding in Christelike Lewensoriëntering. Sy neem tans ‘n “GAP”-jaar en bestuur haar ouers se vakansiewoonstelle in Jeffreysbaai. Sy dink daaraan om in 2022 in tandheelkunde te studeer.

Junior Smit spog met ‘n onderskeiding in Wiskunde Geletterdheid. Hy studeer vir ”Millwright”. Nicolene van Graan behaal ook ‘n onderskeiding in Wiskunde Geletterdheid en studeer Natuurbestuur by Centurion Akademie.

 
 

 
 
 
 
 
 

Pétria de Vaal

Email: petria@devaalanddevaal.co.za

 
 

More photos...