ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Kallie Oosthuizen (74). Foto verskaf.

Kallie verloor kort stryd teen kanker

Date: 30 April 2021 By: Andries van Zyl

Vriende en familie het met groot hartseer afskeid geneem van die 74-jarige Kallie Oosthuizen van Louis Trichardt wat op 17 April na ‘n kort stryd teen kanker oorlede is.

Kallie was jare lank verbonde aan die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë, waarna hy tot en met sy aftrede sowat 10 jaar gelede by Brenco Voere werksaam was.

Wyle Kallie word eerskomende Vrydag, 30 April, om 11:00 vanuit die Lede in Christus-gemeente in Louis Trichardt begrawe. Hy word oorleef deur sy eggenote Lettie, dogters Elsie en Marietjie en kleinkinders KC en Almarie.

Die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor almal vir hulle woorde van vertroosting en ondersteuning tydens hulle tyd van hartseer. Hulle het ‘n spesiale woord van dank gerig aan die Pietersburg Provinsiale Hospitaal se personeel, asook Mosaïek Begrafnisondernemers.

 

 
 
 

Viewed: 872

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT