ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Ses moet Maandag weer in hof wees

Date: 18 June 2021 By: Andries van Zyl

Ses van die dorp se jong inwoners sal Maandag, 21 Junie, weer in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn, nadat hulle ná twee klopjagte op 7 April by wonings op Louis Trichardt gearresteer is.

Verskeie vermoedelik gesteelde goedere is tydens die klopjagte deur die polisie gevind, wat gelei het tot die arrestasie van die ses aanvanklike verdagtes. Hulle is die 27-jarige Richard Petrus Jacobus (Koos) Duvenhage, die 25-jarige Neil Duvenhage, die 30-jarige Zandroux Hibbert, die 29-jarige Christine Labuschagne, die 20-jarige Marvelique van der Merwe, asook die 26-jarige Wonder Jere. ‘n Sewende verdagte, die 36-jarige Francois Vermeulen, is later in verband met die saak gearresteer.

Van der Merwe, wat aangekla is vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen, se saak is van die ander geskei, omdat sy nie met die ander oortredings verbind kon word nie. Die ander ses beskuldigdes staan tereg op vyf klagte van huisbraak, een klag van veediefstal en twee klagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Van der Merwe was die eerste om borg (R1 500) toegestaan te word ná die groep se eerste verskyning in die hof op 9 April. Jere is op 22 April R1 000 borg toegestaan, terwyl al die ander op 29 April R5 000 borg toegestaan is.

Die twee Duvenhages, Vermeulen, Hibbert, Labuschagne en Jere se saak is tydens hul vorige verskyning in die hof uitgestel tot 25 Mei. Tydens hierdie verskyning sou die streeksaanklaer besluit het of die sake eerder in die streekhof as die landdroshof aangehoor moes word. Dié besluit is egter nog nie geneem nie, met die ses wat eerskomende Maandag weer in die plaaslike landdroshof moet verskyn. Die moontlikheid bestaan dat van die sake teen die ses saamgevoeg kan word met nog ander bestaande sake. Intussen is Van der Merwe, wie se volgende hofverskyning op 14 Junie was, se saak uitgestel tot 6 Augustus vir verdere polisie-ondersoek.

 

 
 
 

Viewed: 495

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT