ADVERTISEMENT:

 

 
 

Me. Alta Coetzee, hoof van Hoërskool Eric Louw, vertoon met trots die trofee wat die skool van die Departement van Onderwys ontvang het vir hul 100% matriek slaagsyfer gedurende die 2014 matriek eindeksamen. Foto verskaf.

Louwtjies een van net sewe skole met 100%

Date: 16 January 2015 By: Andries van Zyl

Hoërskool Eric Louw in Musina het beslis rede om trots te wees op hul Graad 12-uitslae na afloop van die 2014 matriek eindeksamen.

Dié skool is een van slegs sewe skole in die Limpopo Provinsie wat daarin kon slaag om ‘n 100% slaagsyfer te behaal.

Vyf-en-vyftig Graad 12-leerlinge het die 2014 eindeksamen  by die skool afgelê en in totaal het die groep 15 A-simbole en 67 B-simbole opgelewer. Vyf-en-twintig van die leerlinge kwalifiseer vir graadstudies, 28 vir diplomakursusse en twee vir sertifikaatkursusse.

Die vakke by die skool wat almal ‘n 100% slaagsyfer opgelewer het, was Afrikaans huistaal, Afrikaans eerste addisionele taal, Engels eerste addisionele taal, Venda, wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, rekeningkunde, meganiese tegnologie, geografie en gasvryheidstudies.

Buiten vir die 100% slaagsyfer in bogenoemde vakke, spog Eric Louw se 2014 matrieks ook met ‘n groepgemiddeld van bo 60% in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, Venda, wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering en geografie.

Die skool se toppresteerders was Kuldeep Jadeja, Annah Tshimangadzo, Stephen Stander, Madele Thiart en Kevin van Vuuren, wat elk twee onderskeidings behaal.

 
 
 

Viewed: 649

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT