ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt het verlede week leerlinge vereer vir hul prestasies in hokkie. Meisiespelers wat hul eerste balkie ontvang het was voor, van links na regs, Emené Jordaan en Leandri Muller. Agter is Laura-Li Cilliers, Izelda de Bruin en Joleen de Swardt. Agter is Takalani Mashamba, Dandré le Roux en Chochi Munonde. Inlas: Iné du Plessis, wat haar derde balkie vir hokkie ontvang het nadat sy vir drie jaar agtermekaar vir die A-span gespeel het. Afwesig was Delicia du Plessis en Basetsana Maphagela. Spelers het gekwalifiseer deur drie jaar agtermekaar vir die skool se eerstespan te speel.

Skole vereer sport en akademesiese prestasies.

Date: 13 August 2015 By: News Correspondent

 
 
 

Viewed: 1854

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

Laerskool Louis Trichardt se top akademiese presteerders in Graad 7 na afloop van die tweede kwartaal is (voor, van links na regs) Suandrie Corbett, Louise Dekker, Karla Harris, Kayla Gaigher. Agter is Leandrie de Jager, Calvin Lee, Jackie Kruger, Amelda Pretorius en Tiny Rademeyer. Afwesig tydens die neem van die foto was Bianca Truter.

Hokkiespelers van die Hoërskool Louis Trichardt wat verlede week hul eerste erekleure ontvang het op grond daarvan dat hulle opgeneem is in hulle onderskeie provinsiale spanne is, van links na regs, DJ du Preez, Richard Lambert en Johannes Joubert. AC Geldenhuys was afwesig tydens die neem van die foto.

Hokkiespelers van Hoërskool Louis Trichardt het verlede week hul eerste erekleure ontvang op grond daarvan dat hulle vir vyf jaar vir die skool se eerstespanne gespeel het. Van links na regs is Jamy Jonker, Biandri Lubbe, Geraldine van den Berg en Jessica Greyling. Afwesig tydens die neem van die foto was Mellisa Leeb.

Hoërskool Louis Trichardt het verlede week leerlinge vereer vir hul prestasies in hokkie. Seunshokkiespelers wat hul eerste balkie ontvang het was Jaks Cronjé (links) en Simon Sauer. Spelers het gekwalifiseer deur drie jaar agtermekaar vir die skool se eerstespan te speel.

Hoërskool Louis Trichardt het verlede week toekennings uitgedeel aan leerlinge wat sedert die begin van die jaar uitgeblink het in sport. Maggie Kemp (links) en Michaela Gilfillan het albei hul eerste kleure ontvang deurdat hulle gekwalifiseer het as lede van die provinsiale tennisspan. Tendani Thavhana was afwesig tydens die neem van die foto.

Twee tennisspelers, Stephanie Scheepers en DJ du Preez, van Hoër­skool Louis Tric­hardt het verlede week hul eerste balkies ont­­vang nadat hulle al twee jaar vir die skool se eerstespanne gespeel het.

Twee van Hoërskool Louis Trichardt se leerlinge het erekleure ontvang nadat hulle aan die begin van die jaar gekwalifiseer het vir die provinsiale hokkiespanne. Shoni Nemavhidi (links) ontvang sy vierde erekleure en Edzani Muswede sy vyfde erekleure.

Simoné du Toit van die Hoërskool Louis Trichardt het die afgelope naweek deelgeneem aan die Limpopo luggeweerskietkampioenskappe wat op Tzaneen aangebied is. Sy verower drie goue medaljes: vir drie-posisie skiet (sit, staan en lê), asook 10 m Olimpies. In altwee items verower sy die meeste punte en wen daarvoor nog ‘n goue medalje. Simoné word deur mnr. Kobus Oberholzer afgerig.

Laerskool Louis Trichardt se top akademiese presteerders in Graad 6 na afloop van die tweede kwartaal is (voor, van links na regs) Isabella van der Goot, Dede Bessong, Masungulo Khosa, Ridha Shaikh en Isabella Marais. Agter is Shaun de Beer, Eliz-Mari Pretorius, Tshilidzi Mukwevho, Laura Murashiwa en Mariesa Schutte.

Hierdie Triegies van Laerskool Louis Trichardt is na afloop van die tweede kwartaal die toppresteerders in Graad 5. Voor, van links na regs (van eerste tot tiende posisie), is Bridgette Siphei Phathutshedzo, Rynard Pretorius, Jabbar Yelukar Zeeshan, Mienke Pretorius en Andries Dekker. Agter is Monique Schlesinger, Danica Knoetze, Wessel Furstenberg, Ariba Manjra en Martin van Wyk.

Laerskool Louis Trichardt het verlede week hul top akademiese presteerders aangewys na afloop van die tweede skoolkwartaal. In Graad 4 was dié slimkoppe voor, van links na regs, Cara van der Goot, Ian du Plessis, Angela Muluvhu, Mieke Veldman en Roshudfhadzwa Maboyi. Agter is Junior Bessong, Pfariso Manenzhe, Carel Marais, Karin Taylor, Melinda van der Westhuizen en Anam Yalukar.

Waldo Stemmet van die Levubu CVO Skool het onlangs gekwalifiseer om sy skool te verteenwoordig tydens die BCVO landswye Redenaars- en Nasionale Kultuurfees wat vanaf 21 tot 22 Augustus in Bloemfontein gehou sal word. Saam met hom is sy onderwyser, mev. Kobie Schutte (kultuurverteenwoordiger). Foto verskaf.

Hierdie leerlinge van die Levubu CVO skool het aan onlangs deelgeneem aan die streekskultuurfees op Lephalale en almal bo 90% gekry vir hul items. Voor, van links na regs, is Dané Wentzel, Arina Havenga, mev. Kobie Schutte (kultuur sameroeper), Carel Havenga en Lohan Wentzel. Agter is Wilné Kotzee, Waldo Stemmet en Chrisja Pretorius. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT