ADVERTISEMENT:

 

 
 

Zian van den Heever van Louis Trichardt het inwoners se hulp nodig om hom te help om in Oktober vanjaar na Rusland te toer as deel van die AVS O/16 Presidentsrugbyspan.

Inwoners kan help om Zian in Rusland te kry

Date: 01 September 2016 By: Isabel Venter

Inwoners word aangemoedig om die Rusland Lentedans te ondersteun.

Hierdié projek is ‘n spesiale fondsinsamelingspoging van vriende en familie om vir Zian van den Heever genoeg geld in te samel, sodat hy in Oktober vanjaar saam met die AVS O/16 President-span kan gaan toer.

Zian, ‘n leerling en rugbyspeler van Hoërskool Louis Trichardt, is ná afloop van die Winterweektoernooi tydens die nasionale Bokkieweek gekies as deel van die span wat tydens die skoolvakansie, vanaf 2 tot 12 Oktober, na Rusland toer. Zian is gekies as die span se heelagter in die nommer 15 trui.

Die kostes vir die toer is ongelukkig betaalbaar deur elke individuele speler en Zian moet R31 500 insamel om hom in staat te stel om die toer te kan meemaak. Hy het al reeds R10 000 oorbetaal aan die AVS-vereniging.

Die Rusland Lentedans sal op 2 September aangebied word by Zena’s Catina net buite Louis Trichardt op die N1-suid. Die dans begin 19:00 en hou aan tot, laat met lekker musiek, eetgoed en ‘n kontantkroeg wat beskikbaar sal wees. Toegang beloop R150 vir volwassenes en R70 vir kinders O/13.

Vir meer inligting, skakel  082 576 8352.

 

 
 
 

Viewed: 1070

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT