ADVERTISEMENT:

 

 
 

George Janse van Rensburg en sy seun Rico (5) het die dag oortuigend gewen in hulle blou Toyota. 

4x4-manne en -vroue wys slag in Gruisgat

Date: 23 October 2016 By: Isabel Venter

Die manne en vroue van die Louis Trichardt 4x4-klub het die afgelope naweek litte losgemaak by Paul Otto se Gruisgat buite die dorp.

Daar was Saterdag ‘n informele kompetisie waartydens standaard, gemodifiseerde en super-gemodifiseerde 4x4-voertuie hulle krag kon toets. Die baan was uitdagend uitgelê, soveel so dat ‘n paar voertuie moes onttrek van die kompetisie.

In die standaard klas het Piet en Chris Venter weggeloop, of eerder gery, met die eerste plek. Conrad Burger en Altus Otto was tweede met Alwyn en Bianca Grobbelaar in die derde plek.

In die gemodifiseerde klas het George Janse van Rensburg en sy seun, die vyfjarige Rico, die eerste plek opgeraap. Pa George se Toyota Hilux het in amper elke uitdaging volpunte behaal. In die tweede plek was Dries Pretorius en Johan Lordan, met Morné van den Berg en Arno Dique in die derde plek.

In die super-gemodifiseerde klas was die kompetisie strawwer, maar Kobus Otto en Hennie Erasmus het uiteindelik geseëvier. Die tweede plek is opgeraap deur Wikus en Kyle Durandt, met Martin en Leatitia Groenewald in die derde plek.

Na afloop van die suksesvolle kompetisie het die klub die volgende borge bedank vir hul bydraes:  Premjee & Son, LTT Bolt & Nut, Talisman, Autozone, PD Otto Elektries, Lightworld, Firefly Bottlestore, Hi-Q Far North, Autofit, Werda Toyota, Die Vleispot Slaghuis, Burco, Bearingman, Ford, Electroman, G4 Propshaft, die Zoutpansberger, Martie Venter en Hanglip Akademie.

 
 
 

Viewed: 916

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Martin en Leatitia Groenewald in aksie tydens die naweek se 4x4 kompetisie. Hulle behaal 'n derde plek in die super-gemodifiseerde klas.

Paul Otto in sy Blou Bul Jeep het, ten spyte van tegniese probleme, nog steeds elke uitdaag voltooi, en behaal 'n vyfde plek in die super-gemodifiseerde klas. 

George Janse van Rensburg en sy seun Rico (5) het die dag oortuigend gewen in hulle blou Toyota. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT