ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die hengelspan van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt, onder leiding van ds. Innes nagel, het Saterdag weggestap met die Soutpansberg-wisseltrofee vir die gemeente wat die swaarste sak vis geweeg het, tydens die NG Soutpansberg se jaarlikse hengelkompetisie. Van links na regs staan Innes saam met spanlede JC Pretorius, Tinus Pretorius en Sias Kotze.

Hitte demp nie geesdrif

Date: 03 November 2016 By: Andries van Zyl

Daar is nooit ‘n slegte tyd om vis te vang nie. Dit is weereens die afgelope naweek bewys tydens die diakonie van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente se jaarlikse drie-spesie hengelkompetisie.

Talle van die streek se vissermanne het die snikhete Bosveldson trotseer en lyne gaan natmaak op die plaas Stubbs en Mons van mnr. Neels van der Merwe (Mopane). Alhoewel die vissies die dag maar aan die klein kant was, was daar genoeg om te weeg en wenners te bepaal. Die teikenspesies was karp, kurper en baber, met prysgeld van onderskeidelik R1000 vir die swaarste, R500 vir die tweede swaarste en R300 vir die derde swaarste vis in elke afdeling.

Die grootste vis die dag is geland deur Boet Grobler. Sy 4,6 kg karp het hom ‘n eerste plek in die karp-afdeling besorg. Hy het egter ook ‘n ekstra R300 in sy sak gesteek, met nog ‘n 2,99 kg vis vir die derde plek. Die tweede grootste karp die dag het Jacques Verster R500 vir ‘n tweede plek besorg.

In die kurper-afdeling was die visse se gewigte so naby aanmekaar, dat prysgeld gedeel moes word.  Leanê Verster en Armand Visser deel die prysgeld vir die eerste plek, nadat beide ‘n 0,550 kg kurper weeg, terwyl Lukas Visser en Michael Duvenhage die tweede plek se prysgeld deel, beide met ‘n kurper van 0,52 kg. JP Vivier was derde met sy 0,50 kg kurper.

In die baber-afdeling het die babers almal so aan die 2 kg-merk geraak. Tony Olivier wen die afdeling met sy 2,08 kg vangs, met Johan Botes in die tweede plek met ‘n baber van 1,94 kg. Johan van Staden was derde met sy baber van 1,67 kg.

Daar was die dag ook bietjie vriendelike kompetisie tussen gemeentes ten opsigte van die Stoutpansberg-wisseltrofee. Die NG Kerk Soutpansberg moes die trofee vanjaar afstaan aan die span van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt, onder leiding van ds. Innes Nagel, nadat hulle die swaarste sak vis vir die dag geweeg het.

“Ek wil net dankie sê aan almal wat die dag ondersteun het en daarmee ook die gemeente se fondsinsamelingsprojek. Ons waardeer die moeite,” het leierdiaken Andries van Zyl gesê. Hy het ook sy opregte dank uitgespreek teenoor al die borge wat die dag moontlik gemaak het, insluitend oom Neels van der Merwe (wat goedgunstiglik sy dam vir die kompetisie beskikbaar gestel het), Leanda le Cornu (Fuji Shop), Leon Cilliers (Rhodes Food Group), Jaco Voigt, Brian du Plooy en Limpopo Melkery wat kontantdonasies gemaak het, Bobby Rasool van Cycle Centre (wat drie mooi visstokke as trekpryse geborg het), Simon Miller van Succession Financial Planning (wat die trekpryse help reël het), Liberty (koelhouer-trekpryse), Santam (sambrele-, gereedskapstel, sonskerm- en knipmesse-trekspryse), Anneke Stroebel van die Zoutpansberg Privaathospitaal (armbandjies vir die hengelaars) en die Zoutpansberger (advertensies, kaartjies en plakkate). “Baie dankie ook aan die span diakens, Carel, Bernard en Heine, wat hard gewerk het die dag,” het Andries gesê          

 
 
 

Viewed: 1027

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT