ADVERTISEMENT:

 

 
 

Daniël Joubert afgeneem verlede week tydens Hoërskool Louis Trichardt se eerste dag-aand atletiekbyeenkomst. Hy is een van die atlete wat gekies is om die skool te verteenwoordig by beide die Limpopo Top 10-kampioenskap, asook die Super 6 Interhoër. Foto: Hoërskool Louis Trichardt. 

Triegies gereed vir Top 10

Date: 18 February 2017 By: Isabel Venter

Hoërskool Louis Trichardt het Maandag met trots bekend gemaak wie die atlete is wat die skool op 15 en 16 Februarie sal verteenwoordig tydens die Limpopo Top 10 Skolekampioenskap by die Universiteit van Pretoria.

Dié atlete is Richard Lambert (hoog- en verspring, driesprong en spiesgooi), Jay-Hogan Ramango (hoogspring), Dineop Masipa (diskus en spiesgooi), Dembe Ramuhuyu (diskus en gewigstoot), Ethan Herman (diskus en spiesgooi), FC Phillipson (diskus en gewigstoot), Su-Mari Croukamp (gewigstoot en diskus), Rochelle Fletcher (gewigstoot), Mudodzwa Luvha (100mH en 300mH), Phillip Apea-Adu (110mH en driesprong), Dominique Nel (90mH), Lo’Care Madzhi (hoogspring, driesprong, en verspring), Dakalo Ramabulana (driesprong, verspring en 400mH), Dewald van Graan (spiesgooi en gewigstoot), Danika Malan (gewigstoot), Samantha Baker (gewigstoot), Rickus Nel (gewigstoot en diskus), Tebogo Masekela (verspring en driesprong), Ntsako Magesa (400m en 200m), Heine de Jager (diskus), Ziame Malan (gewigstoot), Midana Mutshinya (driesprong), Christelle Coetzer (1 500m), Eugene van den Heever (100m en 200m), David Stolz (100m en 200m), Daniel Joubert (100m en 200m), Michaela Gilfillan (spiesgooi) en Ali Sefole (gewigstoot en diskus).  

Atlete wat na afloop van die Januarie en Februarie se verskeie atletiekbyeenkomste gekwalifiseer het om deel te neem aan die Super 6 Interhoër is Tebogo Masekela (verspring en 100m), Annika Schwerdtfeger (100m en 200m), Midana Mutshinya (verspring en driesprong), Christelle Coetzer (400m en 1 500m), Su-Mari Croukamp (gewigstoot en diskus), Modjadji Sefole (hoog- en verspring), Lo'Care Madzhie (hoog- en verspring), Mudodzwa Luvha (100mH en verspring), Johannes Joubert (100m en verspring), Richard Lambert (hoogspring en driesprong), David Stoltz (100m en 200m), Daniël Joubert (100m en 200m) en Rikus Nel (items nog nie bevestig nie).

 

 
 
 

Viewed: 1050

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Nóg 'n atleet van Hoërskool Louis Trichardt wat gekwalifiseer het om aan die Limpopo Kampioenskappe en die Super 6 Interhoër deel te neem, was David Stoltz. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT