ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ali Sefole.

Jong rugbytalent vang Blou Bulle-unie se oog

Date: 11 March 2017 By: Isabel Venter

‘n Kranige jong rugbyspeler van Hoërskool Louis Trichardt, die 18-jarige Alpheus Sefole, het die oog gevang die Blou Bulle!

Ali, soos wat almal hom by die skool ken, is tans in Graad 11. Hy het hierdie week vertel hoe sy liefde vir rugby begin het as ‘n sesjarige Triegie by Laerskool Louis Trichardt. “Nadat ek gekies was om die skool [laerskool] te verteenwoordig by die provinsiale proewe, het ek besef ek het ‘n talent vir rugby. Sedertdien het ek gekies om dit te koester en aan my talent te werk,” het Ali gesê.

Ali is dankbaar vir die feit dat hy plaaslik kon skoolgaan, waar sport ook ‘n prioriteit gemaak word. “Ek voel so bevoorreg om in hierdie skole te wees. Was dit nie vir hulle gewees nie, sou ek dalk in ‘n skool beland het waar rugby nie eens as sport beoefen word nie,” het Ali gesê.

Sy droom is om eendag vir Suid-Afrika uit te draf op die rugbyveld. “Ek is vreeslik opgewonde oor die Blou Bulle se talentsoeker wat my genader het,” het Ali gesê. “Dit is die eerste keer dat ek deur ‘n professionele span genader word. Hulle het my besonderhede gevat en belowe om terug te kom na my toe.”

Terwyl hy oefen en hard werk aan hierdie droom, is Ali ook besig om hard te werk om teen volgende jaar matriek te slaag. Sy plan is om dan sportwetenskappe te gaan studeer, terwyl hy sal aanhou om rugby te speel.

 
 
 

Viewed: 978

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Ali Sefole. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Ali Sefole.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT