ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die algehele manswenners van die Shikwaru DebtSafe Bergfietsuitdaag Saterdag buite Mokopane. Van links na regs staan Louis Trichardt se Richard Lambert, wat algeheel tweede was, Carel Smit (eerste) en Matthew Wilkinson (derde). Foto Facebook: ROR Events.

Plaaslike bergfietsryers verwerf podiumplekke

Date: 11 May 2017 By: Andries van Zyl

Verskeie van die streek se bergfietsryers het die afgelope naweek die pad Mokopane toe aangedurf vir deelname aan die Shikwaru DebtSafe Bergfietsuitdaag.

Net twee plaaslike langasems, Marno van Zyl (Hoërskool Louis Trichardt) en Adrian Joubert, het kans gesien vir die 70 km-wedren. Van Zyl het weer ‘n goeie wedren gehad en algeheel derde geëindig in ‘n tyd van 02:43:37. Hy was ook algeheel tweede in die klas vir senior mans (19 tot 29 jaar). Joubert het ook hard vir sy algehele 13de plek getrap in ‘n tyd van 03:20:25. Hy was vierde in die senior mansklas.

Die grootste groep plaaslike ryers het aan die 35 km-wedren deelgeneem. Hier was dit Hoërskool Louis Trichardt se Richard Lambert wat uitgeblink het deur algeheel tweede te eindig in 01:25:54. Hy was ook tweede in die klas vir junior mans (17 tot 18 jaar). Skoolmaat Turners de Swardt het algeheel vyfde klaargemaak in ‘n tyd van 01:31:00. Hy was ook vyfde in die junior mansklas. Die enigste ander plaaslike fietsryer wat ‘n Top 10 posisie kon los ry, was Roan le Roux (HS LTT) wat agtste geëindig het in ‘n tyd van 01:32:28. Hy was ook derde in die klas vir Youth mans (15 tot 16 jaar).

Die Soutpansberg Fietsryklub (SPB) se Jandré van Jaarsveld was 11de tuis in 01:34:53. Hy was egter die eerste senior man tuis. Kort op sy hake was klubmaat Rick Coetzee in 01:34:54. Coetzee was ook die tweede sub-veteraan man (30 tot 39 jaar). Jongeling Rofhiwa Kutama (SPB) het ook lekker sterk getrap en algeheel 14de in ‘n tyd van 01:35:38 klaargemaak. Hy was ook die vierde Youth man tuis.

Die eerste plaaslike vrou oor die wenstreep was Margi Carstens. Sy het algeheel 20ste in 01:36:25 geëindig. Sy was egter die tweede vrou algeheel en ook eerste in haar kategorie vir senior vroue (19 tot 29 jaar).

Louis Trichardt se Marco Roets was volgende tuis in die 30ste posisie in ‘n tyd van 01:42:02. Hy was ook die vierde senior man in sy kategorie. ‘n Sekonde later het Cristelle Coetzer (HS LTT) in die 31ste posisie klaargemaak in ‘n tyd van 01:42:03. Sy was ook die tweede Youth meisie algeheel.

Dit was egter nie net die “jongelinge” wat aan die 35 km deelgeneem het nie. Stanley Thompson (SPB) het algeheel 43ste in 01:46:03 geëindig en was die sesde man in die veteraan mansafdeling (40 tot 49 jaar). Trevor de Beer van Laerskool Louis Trichardt (LS LTT) was op sy beurt van die jonger deelnemers. Hy was algeheel 46ste in ‘n tyd van 01:47:01 en sesde in die afdeling vir sub-juniors seuns (13 tot 14 jaar).

Nog ‘n jong Louis Trichardter, Simoné Oberholzer, het ‘n 52ste posisie in ‘n tyd van 01:51:37 behaal. Sy was egter die eerste sub-junior meisie tuis.

Volgende tuis was Barrie van Rooyen (HS LTT) in die 54ste plek in 01:53:52. Hy was ook agste in die Youth mansafdeling. Dewald van Graan (LS LTT) het in die 58ste plek ingeklok met ‘n tyd van 01:54:49 (sewende sub-junior seun), terwyl Loffie van Rooyen (HS LTT) 67ste was in 01:59:51. Hy was ook die 11de Youth seun.

Joleen de Swardt (HS LTT) het die 35 km in ‘n tyd van 02:04:22 afgelê om algeheel 76ste te eindig. Sy was egter die eerste junior meisie tuis. Stanley se eggenote, Andra Thompson, was 87ste in 02:14:48 en was ook die tweede vrouemeester tuis. Kort na haar het Louis Trichardt se Jeanette Coetzer in die 90ste plek klaargemaak in 02:21:46. Sy was ook die derde vroueveteraan tuis. Mariaan Oberholzer was op haar beurt 95ste in 02:29:21 en was ook die vyfde vroueveteraan.

Sover vasgestel kon word, het slegs een plaaslike ryer deelgeneem aan die 10 km-wedren. Cateryn de Beer (LS LTT) het 32ste in die Sprogs meisies (O/12) afdeling in ‘n tyd van 00:34:14 klaargemaak. Algeheel was sy tweede in haar kategorie.

 
 
 

Viewed: 659

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Marno van Zyl (regs) het Saterdag algeheel derde geëindig in die 70 km van die Shikwaru DebtSafe Bergfietsuitdaag. Saam met hom staan die wenner van die 70 km, Alan Gordon. Foto Facebook: ROR Events.

Margi Carstens (links) van Louis Trichardt was algeheel die tweede vrou om Saterdag die  35km Shikwaru DebtSafe Bergfietsuitdaag te voltooi. Saam met haar staan die algehele vrouewenner Anna Elisa Gutierrez (middel) en derde plek wenner Carmen Schoeman (regs). Foto Facebook: ROR Events.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT