ADVERTISEMENT:

 

 
 

Marnus Leeb (links) van die Soutpansberg Gholfklub was die wenners van die individuele Stableford-kompetisie tydens verlede jaar se gesogte Hanglip 54-toernooi. Hy sal nie vanjaar se titel kan verdedig nie. Saam met hom is Lappies Labuschagne, verlede jaar se klubkaptein.

Hanglip 54 om die draai

Date: 07 July 2017 By: Andries van Zyl

Een van die streek se grootste toernooie op die gholfkalender, die jaarlikse Hanglip 54-toernooi, word vanaf 13 tot 15 Julie vir die 24ste agtereenvolgende jaar deur die Soutpansberg Gholfklub in Louis Trichard aangebied.

Vanjaar se kompetisie sal weer ’n vol veld van 128 spelers lok met die fokus wat weereens op besoekende spelers sal wees. Meer as 50% van die veld bestaan uit besoekers.  Die nou reeds bekende “Klerksdorp groep” sal weer getrou vanjaar se toernooi ondersteun met ‘n totaal van 34 spelers. Daar is ook spelers van verskeie ander klubs uit verskeie provinsies, uitsluitend spelers vanaf onder meer Pretoria, Nelspruit en Lydenburg.

Hoe die toernooi werk is dat spelers in spanne van twee elke dag in ’n beterbal Stableford-kompetisie meeding. Elke dag is daar dus twee wenners. Die algehele wenner is egter die speler wat die beste individuele Stableford-telling oor al drie dae aanteken.

Die Soutpansberg Gholfklub sal hierdie jaar poog om die gesogte Hanglip 54-trofee op eie bodem te hou, nadat die klub se Marnus Leeb verlede jaar die Hanglip 54-trofee ingepalm het. Hy sal egter nie vanjaar hier wees om sy titel te verdedig nie.

Wat die drie dae se kompetisie betref, word die eerste dag se spel vanjaar geborg deur die Makhado Munisipaliteit. Imperial GM is die borg van die tweede dag se spel met Oasis Water wat die derde en laaste dag se spel sal borg. Die “perdeveiling” wat nou al sinoniem geword het met die Hanglip 54 sal Woensdagaand, 12 Julie, vanaf 18:00 in die gholfklub se saal aangebied word.

 
 
 

Viewed: 413

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT