ADVERTISEMENT:

 

 
 

Juan Phillips in aksie tydens Saterdag se wedstryd. Hy het 'n blitsige 74 van 33 balle gemoker. Foto: Gerda Piorek.

Strikers vertoon beter, maar Limpopo seëvier

Date: 03 August 2017 By: Anton van Zyl

Die Strikers-krieketspan het Saterdag ‘n baie beter vertoning gelewer in die Limpopo Melkery 18/18-liga as die vorige naweek, maar moes steeds die knie buig teen ‘n sterker Limpopo Melkery-span.

Limpopo het eerste gaan kolf en Leon Olwage (34 van 21 balle) en Chris-Jan Hendriks (36 van 27 balle) het ‘n stewige grondslag gelê. Hierna het AJ Fourie en Juan Phillips ingegaan en veral Juan het die krane oopgedraai. AJ is met sy telling op 23 gestonk, maar hy moes grootliks toekyk hoe Juan 74 lopies van net 33 balle slaan. Sy beurt het vyf sesse en vyf viere ingesluit.

Teen die einde van die 18de beurt het die telling op 180 gestaan met vier paaltjies plat. Riaan Gerber was Strikers se beste bouler met ‘n ontleding van 2/27 in drie beurte.

Strikers se kolwers het bestendig begin, met Dirk van den Berg (15 van 18 balle) en Christo Gerber (47 van 50 balle) wat goeie vertonings gelewer het. Riaan Gerber (18 van 18 balle) en FC Phillipson (24 van 16 balle) het die tempo probeer opstoot, maar die vereiste kolftempo was reeds te veel.

Teen die einde van die 18de beurt het die telling op 129 gestaan met vier paaltjies plat. Brendon Bridge was Limpopo se beste bouler met 1/7 in sy twee beurte.

Eerskomende naweek kom die span van Premjee teen Limpopo op Louis Trichardt se A-veld te staan in die volgende rondte wedstryde.

 
 
 

Viewed: 361

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

Vimal Shah van Limpopo in aksie tydens Saterdag se wedstryd. Foto: Gerda Piorek.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT