ADVERTISEMENT:

 

 
 

Richard Lambert het 'n tawwe reisies gehad Saterdag tydens die eerste rondte van die Spur Skole Liga XCO-bergfietswedren. Foto verskaf.

Triegies tops by Tour de Plaas

Date: 04 August 2017 By: Isabel Venter

Hoërskool Louis Trichardt het die naweek in geen onduidelike terme dit duidelik gemaak dat hulle ‘n krag is om mee rekening te hou.

Die skool het 31 fietsryers gehad wat hulle verteenwoordig het in die eerste rondte van die provinsiale skole Spur XCO-bergfietsliga, die Tour de Plaas in Tzaneen. Uit hierdie ryers spog Triegies met drie podium plekke en ‘n verdere 12 fietsryers wat elk ‘n Top-10 posisie ingepalm het. Ná die eerste rondte lê die skool nou bo-aan die punteleer met ‘n totaal van 126, met Stanford Lake tweede met 90 punte en Hoërskool Merensky derde met 72 punte.

Richard Lambert, Christelle Coetzer en Joleen de Swardt het geskitter in hulle onderskeie ouderdomskategorieë.

Lambert het sy teenstander van Merensky, Sheldon Muller, net-net geklop in die Youth-seuns afdeling. Daar was net ‘n halwe sekonde verskil tussen sy wentyd en dié van Muller, nadat Muller vir Lambert in die tweede en derde rondte verbygesteek het. Lambert kon die agterstand gelukkig inhaal in die vierde en laaste rondte. Lambert se algehele tyd oor vier rondtes was 57:41.7. Muller volg in ‘n tyd van 57:42.2, gevolg deur Matt Wilkinson derde in ‘n tyd van 58:16.6. Nog twee Triegie seuns het ook in hierdie afdeling weggestap met ‘n Top 10-posisie, nl. Turner de Swardt en Heine de Jager, wat onderskeidelik vyfde en sesde klaar maak.

Coetzer het in die Youth-meisies afdeling die eerste plek gemis met 12 sekondes. Dit was egter ‘n tawwe stryd tussen haar en haar teenstander, Ani Gutiérrez-Hernández van Stanford Lake College. Gutiérrez-Hernández het Coetzer verbygesteek in die tweede rondte. Sy het klaargemaak in ‘n algehele tyd van 47:30.6, gevolg deur Coetzer tweede in 47:42.7 en Lara Dando (ook van Standford) in ‘n tyd van 52:18.9.

Joleen het die podium met twee teenstanders van Merensky gedeel nadat sy derde klaargemaak het in die junior meisies afdeling in ‘n algehele tyd van 1:06:39.5.

In die seuns Youth-afdeling het Hoërskool Louis Trichardt ook goed vertoon. Roan le Roux, Rohan Cronjé, Calvin Lee en De Wet du Toit het onderskeidelik die vierde, vyfde, sesde en sewende posisies ingeneem. Die meisiesryers in dieselfde afdeling wat in die Top 10-posisies klaargemaak het, was Jennavieve Truter (4de), Karla “Vossie” van Zyl (5de), Dominique Nel (8ste), Leandri de Jager (9de) en Mékayle Geyer (10de). Nog ‘n Triegie ryer wat in die Top-10 klaar gemaak het, was Eliz-Mari Pretorius wat ‘n vyfde plek inpalm in die kategorie vir sub-junior meisies.

Die jong Triegies by Laerskool Louis Trichardt se span spog met ‘n derde plek op die punteleer. Pietersburg Oos hou die eerste plek met 231 punte, gevolg deur Unicorn Preparatory in tweede met 158 punte en Laerskool Louis Trichardt derde met 89 punte.

Brendan Bruce het derde klaargemaak in die Nippers-afdeling, terwyl sussie Carla sesde was en Renette Nel negende in die meisiesafdeling.

In die sub-junior afdeling het Dewald van Graan en Trevor de Beer onderskeidelik sewende en agtste klaargemaak, terwyl Michelle Steyn agste was.

Jacques de Preez en Jessica Taylor het onderskeidelik agste en sewende geëindig in die Sprogs-afdeling.

Die volgende rondte van die provinsiale Spur XCO-liga, die Tour de Pot, vind op 12 Augustus plaas in Modimolle.

 
 
 

Viewed: 429

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Dit was 'n taai stryd gewees in die Youth-seunsafdeling vir die top drie plekke. Richard Lambert (voor) van Hoërskool Louis Trichardt het net-net gewen. Kort op sy hakke is derde plek wenner Matt Wilkinson van Hoërskool Merensky. Foto: Christelle Bester.

Richard Lambert (middel) wen die Youth-afdeling, gevolg deur Sheldon Muller (links) in die tweede plek en Matt Wilkinson derde. Foto verskaf.

Nog 'n Triegie wat klaargemaak het op die podium was Joleen de Swardt (links). Amelia Middleton (middel) wen die sub-junior meisiesafdeling, gevolg deur Sancha Van Niekerk in die tweede plek. Foto verskaf.

Christelle Coetzer van Hoërskool Louis Trichardt waai haar Triegie vlag in die tweede plek. Van links is Lara Dando (derde), Ani Gutiérrez-Hernández (eerste) en Christelle. Foto verskaf.

Brendan Bruce was die enigste Triegie van Laerskool Louis Trichardt wat 'n podium plek ingepalm het tydens die Tour de Plaas. Van links na regs is Brendan (derde), John-Ross Donovan (eerste) en Hanro Ehlers (tweede). Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT