ADVERTISEMENT:

 

 
 

Rohan Cronjé (links) en Roan le Roux (regs) van Louis Trichardt het die afgelope naweek beïndruk deur ‘n algehele tweede plek te behaal in hulle ouderdomsgroep tydens die moordende 3 Towers Mncane-bergfietswedren oor drie dae. Foto verskaf.

Algehele tweede plek vir Cronjé en Le Roux by 3 Towers

Date: 06 October 2017 By: Andries van Zyl

Vir Rohan Cronjé en Roan le Roux, beide van Hoërskool Louis Trichardt, is daar maar min blaaskans hierdie Oktober vakansie.

Dié twee het die afgelope naweek (29 September tot 1 Oktober) as ‘n span deelgeneem aan die moordende 3 Towers Mncane bergfietswedren wat oor drie dae in die berge buite Nelspruit beslis is. Een van die wedrenreëls is dat die twee spanmaats nie meer as twee minute uitmekaar mag klaarmaak nie.

Cronjé en Le Roux het in die junior mans-afdeling (13 tot 17 jaar) deelgeneem. Op die eerste dag het hulle die 30 km wedren, met ‘n totale klim van 650 m, in ‘n tyd van 01:28:45 (Cronjé) en 01:28:46 (Le Roux) platgetrap, vier minute ná wenners Ben du Plessis en Ian Els.

Daar was nie regtig baie tyd vir die seer bene om te herstel nie, maar die twee manne het vasgebyt en dag twee weereens tweede in hul ouderdomsgroep geëindig in ‘n tyd van 01:25:14 (Cronjé) en 01:25:16 (Le Roux) oor ‘n afstand van 31,9 km (totale klim van 750 m). Dié keer was hulle vyf minute agter De Plessis en Els, wat weereens met die louer weggestap het.

Met die aanbreek van die derde en laaste dag het Le Roux en Cronjé alles ingesit en hard getrap om die gaping tussen hulle en Du Plessis-hulle kleiner te maak. Hulle het die gaping na slegs twee minute verklein en ook op die derde dag algeheel tweede geëindig oor die 31,9 km in ‘n tyd van 01:22:28 (Le Roux) en 01:22:29 (Cronjé) (totale klim 750 m).  

Cronjé en Le Roux se drie tweede plekke het aan hulle ‘n algehele tweede plek in hul ouderdomsgroep in die Mncane-wedren besorg, met Du Plessis en Els wat die afdeling gewen het. Die 3 Towers het ook as goeie oefening gedien vir Cronjé en Le Roux se deelname eerskomende naweek (6 tot 8 Oktober) aan die nasionale finaal van die jaarlikse skole Spur XCO-bergfietsliga by Hoërskool Bekker in die Magaliesberge. Hier sal hulle hul skool en provinsie verteenwoordig as deel van Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan.

 
 
 

Viewed: 626

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT