ADVERTISEMENT:

 

 
 

Richard Lambert van Hoërskool Louis Trichardt het die afgelope naweek vir hom ‘n 16de plek losgetrap tydens die eerste rondte van die SA XCO Cup in Stellenbosch.

Richard en Rohan skuur skouers met wêreld se bestes

Date: 09 February 2018 By: Andries van Zyl

Twee van Louis Trichardt se jong bergfietsryers, Richard Lambert en Rohan Cronjé, het die afgelope naweek die unieke geleentheid gehad om skouers te skuur met van die top name in beide nasionale en internasionale fietsrykringe tydens die eerste rondte van die SA XCO Cup by Coetzenburg in Stellenbosch op 2 Februarie.

Van die top internasionale name by die byeenkoms was dié van Matthias Stirnemann en Nino Schurter, beide van Switserland, wat onderskeidelik eerste en tweede geëindig het in die Elite mansafdeling. Op nasionale front het die top name ingesluit dié van Alan Hatherly, Philip Buys, Arno du Toit en Matthys Beukes, wat onderskeidelik vyfde, sesde, negende en 10de geëindig het in die Elite mansafdeling.

“Richard en Rohan het goeie vorm getoon en sal dit definitief deurtrek na die opkomende skoleliga en XCO-wedrenne,” het Stanley Thompson van die Soutpansberg Fietryklub gesê. Hulle, in samewerking met Soutpansberg Youth Cycling Development, het gehelp om Richard en Rohan, beide lede van Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan, in Stellenbosch te kry.

Lambert het ‘n uitstekende 16de plek losgery in die junior mansafdeling uit ‘n veld van meer as 40 deelnemers. Hy het sy vyf rondtes voltooi in ‘n tyd van 01:30:44. Rohan het op sy beurt ‘n 35ste plek in die Youth-seunsafdeling uit ‘n veld van meer as 50 deelnemers behaal. Hy het sy vier rondtes in ‘n tyd van 01:21:23voltooi.

Richard en Rohan het die naweek van 27 Januarie ook deelgeneem aan die jaar se eerste Limpopo XCO in Polokwane. Tydens dié geleentheid het Rohan die Youth-seunsafdeling, gewen nadat hy sy vier rondtes voltooi het in ‘n tyd van 55 minute en 33 sekondes. Ook Richard het sy afdeling gewen deur sy vyf rondtes in die junior-mansafdeling in 01:05:33 plat te trap.

Heelwat van Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers het aan die Limpopo XCO deelgeneem. Buiten vir Richard en Rohan wat hulle afdelings gewen het, het Marno van Zyl die Elite-mansafdeling in ‘n tyd van 01:06:09 oor vyf rondtes gewen. Jennavieve Truter het op haar beurt die Youth-meisiesafdeling gewen deur haar drie rondtes te voltooi in ‘n tyd van 47 minute en 52 sekondes.

Ander Triegie-ryers wat goeie plekke ingepalm het was Jessica Taylor (4de sub-junior meisie, twee rondtes in 00:38:26) Calvin Lee (2de Youth seun, vier rondtes in 00:55:50), Rofhiwa Kutama (6de Youth seun, vier rondtes in 00:59:07) en Jean Roan le Roux (5de junior man, vyf rondtes in 01:10:54).

Nog ‘n plaaslike seun, Andani Raphalalani van Ridgeway College, het ‘n 13de plek in die sub-junior seunsafdeling ingepalm in deur sy drie rondtes in ‘n tyd van 00:57:25 te voltooi.

 
 
 

Viewed: 589

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Rohan Cronjé, afgeneem saam met wêreldkampioen bergfietsryer Nino Schurter tydens die eerste rondte van die SA XCO Cup wat die afgelope naweek in Stellenbosch beslis is. Rohan het vir homself ‘n 35ste plek losgery in die Youth-seunsafdeling. Foto verskaf.  

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT