ADVERTISEMENT:

 

 
 

Groot rugby Saterdag tydens Conwaydag

Date: 02 March 2018 By: Isabel Venter

Daardie tyd van die jaar wat die braaiers en koelbokse nadergetrek kan word ter ondersteuning van die jaarlikse Conway Rugbydag het weer aangebreek.

Hierdie komende Saterdag sal Louis Trichardt se manne gedugte teenstanders op hul tuisveld ontmoet.

Oudergewoonte sal Hoërskool Louis Trichardt die vooraf wedstryde speel.

Die dag se verrigtinge sal om 12:00 begin met die hou van Triegies se O/16 en eerstespan proewe. Dit word gevolg deur die wedstryd tussen die tweede spanne van Louis Trichardt en die Kruinies Rugbyklub. Dié wedstryd skop om 14:00 af.

Om 15:15 sal die tweedespanne van Letaba en Noordelikes op die veld draf vir hulle kragmeting. Letaba se eerstespan sal dan om 16:30 hulle beurt kry teen die eerstespan van Kruinies kragte te meet. Die hoofwedstryd van die dag, naamlik die wedstryd tussen Louis Trichardt 1 en Noordelikes 1, sal om 18:30 afskop.

Oudergewoonte word plaaslike ondersteuners uitgenooi om die klub se spelers te kom ondersteun. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig, en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae.

 
 
 

Viewed: 454

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT