ADVERTISEMENT:

 

 
 

Spanne maak gereed vir eerste Boet Fick-stryd

Date: 15 March 2018 By: Isabel Venter

Die plaaslike rugbyseisoen vorder fluks, met die Conway Rugbydag wat alreeds agter die rug is.

Louis Trichardt se eerstespan sal eerskomende Saterdag probeer om hulle naam in ere te herstel, ná hul nederlaag twee weke gelede teen Noordelikes 1 tydens hulle eerste kragmeting in die Boet Fick senior-liga.

Die volgende bepaling in die liga sal Saterdag op Louis Trichardt se tuisveld plaasvind, met Louis Trichardt se tweedespan wat om 15:00 teen Mokopane se tweedespan te staan kom. Hierna sal Louis Trichardt 1 teen Mokopane 1 te staan kom om 17:00.

Oudergewoonte word plaaslike rugbyliefhebbers uitgenooi om die klub se spelers te kom ondersteun. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae.

 
 
 

Viewed: 375

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT