ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se eerste rugbyspan netjies uitgevat in hulle nuwe rugbytruie wat geborg is deur Quinton Thompson (regs) van Thompson’s Motors. Die span het Saterdag hul opponente van Univen 88-3 vermorsel in hul tweede Boet Fick-ligawedstryd. Foto verskaf.

Louis Trichardt vermorsel Univen 88-3

Date: 29 March 2018 By: Andries van Zyl

Slegs die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste rugbyspan het Saterdag uitgedraf teen die eerstespan van die Universiteit van Venda (Univen) in hulle tweede wedstryd van die Boet Fick-liga.

Louis Trichardt het vir ‘n baie oortuigende wen gesorg deur die Univen manne 88-3 plat te trap. Dit was maar deurlopend eenrigting verkeer, met Univen wat geen antwoord gehad het nie, behalwe vir ‘n strafskop in die eerste helfte.

Louis Trichardt se tweedes het nie die naweek uitgedraf nie, aangesien Univen nie ‘n tweedespan het nie.

Die klub het na afloop van Saterdag se wedstryd hul opregte dank uitgespreek teenoor mnr. Quinton Thompson van Thompson’s Motor in Louis Trichardt vir die borg van die eerstespan se nuwe rugbytruie. Saterdag was ook die eerste keer wat die span met die truie gespeel het. “Dit is lekker om te sien dat plaaslike besighede weer die rugbyklub ondersteun. Ons wil graag vir Quinton dankie sê vir die borgskap,” het Kevin Gilbert (klubvoorsitter) gesê.

Die klub se volgende tuiswedstryd vind Saterdag, 7 April, plaas. Die eerste- en tweedespan sal die dag te staan kom teen hul opponente van Northam. Die eerste wedstryd tussen die twee spanne skop om 15:00 af, gevolg met die hoofwedstryd van die dag tussen die eerstes om 16:30.

Verversings sal deurlopend verkoop word en daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees. Toegang beloop R20 per voertuig, ongeag die hoeveelheid persone. “Kom kuier en braai saam met ons langs die veld,” het Gilbert genooi.

 
 
 

Viewed: 657

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT