ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die baie gewilde Munnik Meerkat Bergfietsuitdaag is Saterdag, 24 Maart, vir die 10de agtereenvolgende jaar deur die Munnik Boerevereniging aangebied. Afgeneem is die drie mansdeelnemers wat nog elke jaar deelgeneem het naamlik Anton van Zyl, Stefan Horn en Ben Olivier, asook Louis Trichardt se Maud Myburgh, wat sedert die begin van die Munnik Meerkat haar ambulansdiens as noodhulp beskikbaar gestel het. Nie op die foto nie is Johan van Dijkhorst wat as wedrenorganiseerder van al 10 wedrenne opgetree het. Voor staan Maud. Agter, van links na regs, is Stefan, Anton en Ben.

Tiende Munnik Meerkat stel nie teleur nie

Date: 30 March 2018 By: Andries van Zyl

‘n Paar reënbuie vroegoggend en ‘n digte misbank was nie genoeg om deelnemers aan vanjaar se baie gewilde Munnik Meerkat Bergfietsuitdaging te stuit nie.

Met die Munnik Meerkat wat vanjaar sy tiende verjaarsdag vier, het daar deurlopend ‘n feestelike atmosfeer geheers. Almal het egter geweet dat hulle wel hul dosis modder vir die dag gaan inkry.

Die Munnik Meerkat word alom beskou as een van die mees genotvolle bergfietswedrenne wat die streek aanbied. Jaarliks lok die wedrenne letterlik honderde inskrywings in die drie wedrenne (70 km, 35 km en 10 km). Alhoewel die wedrenne hoofsaaklik oor ‘n redelike gelyk stuk beslis word, is daar tog meer uitdagende tegniese seksies op die baan, veral in die 70 km-wedren. Nie die 35 km- of 70 km-wedrenne is egter kinderspeletjies nie en vanjaar het die modder heelwat fietsryers van hul fietse gedwing.

Die wedrenne is weereens aangebied deur die Munnik Boerevereniging, met Johan van Dijkhorst as wedrenorganiseerder en al drie wedrenne het voor die historiese spoorwegstasie op Munnik weggespring.

Eerste om die lang pad aan te durf was die meer as 50 deelnemers aan die uiters uitdagende 70km-wedren. Soos met enige wedren was daar die gunstelinge, met Alan Gordon, wat beide provinsiaal en nasionaal min bekendstelling nodig het in fietsrygeledere, wat ‘n vroeë voortou in die wedren geneem het.

Hoërskool Louis Trichardt se Marno van Zyl moes hard werk om by Gordon te probeer byhou, maar stelselmatig het Gordon kilometer na kilometer die gaping tussen hom en die voorste bondel vergroot. Hierdie bondel het bestaan uit Van Zyl, Michael Wood, Hannes Grobbelaar en Alexander Strydom. Slegs sekondes het hulle van mekaar geskei by die eindstreep, maar dit was Gordon wat gemaklik in die eerste plek oor die eindstreep getrap het in ‘n tyd van 02:40:28. Algeheel tweede was Van Zyl in ‘n tyd van 03:00:36, gevolg deur Michael Wood in die derde plek in 03:00:37. Van Zyl was ook algeheel tweede in die Elite-mansafdeling van die wedren.

Ander plaaslike ryers wat “mal” genoeg was om die 70 km-wedren aan te durf, was Adrian Joubert, Rick Coetzee, Marco Roets, Mark Archer, Stefan Foord en twee Louis Trichardt vroue, Caron Foord en Isabel Venter. Joubert het algeheel 14de (6de in die Elite-mansafdeling) in 03:25:12 geëindig, met Coetzee 26ste (sesde in die sub-veterane mans-afdeling) in 03:39:21, Roets 32ste (sesde in Elite-mansafdeling) in 03:47:23, Archer 44ste in 04:12:20 en Stefan 45ste in 04:17:35. Caron se tyd was 04:31:17. Venter, wat Saterdag aan haar eerste 70 km-wedren deelgeneem het, moes hard werk en het die afstand in 04:55:59 as tweede sub-veterane vrou klaargemaak.

Louis Trichardt was baie beter verteenwoordig in die 35 km-wedren, met heelwat plaaslike fietsryers wat met podiumplekke spog in hul ouderdomsgroepe. Digby 270 fietsryers het aan dié wedren deelgeneem.

Hoërskool Louis Trichardt se Rohan Cronjé kon spog met ‘n derde plek in die Youth-seunsafdeling met ‘n tyd van 01:20:43. Jandré van Jaarsveld het op sy beurt ‘n tweede plek in die Elite-mansafdeling in met ‘n tyd van 01:27:15 ingepalm, terwyl Carel Killian die algehele tweede groot meester man was in ‘n tyd van 01:43:26.

Wat die vroue betref was dit weer Louis Trichardt se Margi Carstens wat beïndruk het deur algeheel derde in die afdeling vir vroue te eindig en sy was die eerste Elite vrou oor die wenstreep in ‘n tyd van 01:27:25. Hoërskool Louis Trichardt se meisiesfietsryers het ook skitterend vertoon, met Christelle Coetzer wat tweede was in die junior-meisiesafdeling in 01:30:03, gevolg deur spanmaats Eliz-Mari Pretorius as eerste Youth meisie in 01:30:28, Jennavieve Truter die tweede Youth meisie in 01:30:33 en Karla “Vossie” van Zyl as derde junior meisie in 01:35:51. Andra Thompson het op haar beurt ‘n tweede plek in die meesters vroue-afdeling in met ‘n tyd van 01:54:53 losgery, gevolg deur Gillian Whitaker as die derde vrouemeester tuis in 01:55:44. Die jong Jessica Taylor was op haar beurt die tweede sub-junior meisie om die 35 km-wedren te voltooi in ‘n tyd van 01:58:28.

Wat die jongspan betref het heelwat van Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan aan die 10km-wedren deelgeneem. Dié wedren het net meer as 140 deelnemers gelok.

Jacques du Preez het die beste  gevaar van die seuns met sy derde plek in die sub-junior seunsafdeling in 00:36:26, gevolg deur Jacques Crafford (22ste) in 00:39:52, Eleen Furstenburg (sewende vroue en derde o.12-meisie) in 00:40:20, Luan Kotze (25ste) in 00:43:19, Peroux du Preez (29ste) in 00:43:19, Willie Venter (36ste) in 00:44:24, Cara Bruce (17de meisies) in 00:47:05, Nicolas Archer 49ste in 00:49:18, Gerhard Furstenburg 52ste in 00:50:30, Aiden Bruce 61ste in 00:53:59, Mikhe Cronjé (16de o.12-meisie in 01:26:39), Mia Venter (17de o.12-meisie in 01:29:04) en Cait-Lynn Crafford (22ste o.12-meisie). (Vir volledige uitslae van alle plaaslike fietsryers wat deelgeneem het, besoek www.racetime.co.za/results/ en klik op die skakel wat sê Munnik Meerkat).

 
 
 

Viewed: 435

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Dié drie jong manne het Saterdag as algehele wenners van die Munnik Meerkat 35 km-wedren uit die stryd getree. Van links na regs staan Arman Cronjé (tweede), Sheldon Muller (eerste) en Bevan Muller (derde).

Louis Trichardt se Margi Carstens (regs) was die algehele derde vrou tuis in die Munnik Meerkat 35km-wedren. Die wedren is gewen deur Carmen Schoeman (links) met Annie Gutierrez (afwesig) algeheel tweede. Carstens het ook die Elite-vroueafdeling gewen.   

Die algehele wenners van die Munnik Meerkat 70 km-wedren glimlag breed vir ‘n foto. Van links na regs staan Marno van Zyl (tweede), Alan Gordon (eerste) en Michael Wood (derde).

Die algehele vrouewenners van die Munnik Meerkat 70km-wedren was (van links na regs) Britt Dando (tweede), Theresia Lessing (eerste) en (afwesig tydens die neem van die foto) Shirley Scriven (derde).

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT