ADVERTISEMENT:

 

 
 

Reëlings vir Kremetart vorder fluks

Date: 06 April 2018 By: Isabel Venter

Reëlings vir vanjaar se jaarlikse Kremetart Fietswedren vorder fluks.

Vanjaar sal die Soutpansberg weereens op 9 en 10 Junie gasheer speel vir een van die streek se grootste sportgebeurtenisse, die jaarlikse Kremetart Fietswedren. Inskrywings vir hierdie baie gewilde wedren het al die 300 merk verbygesteek.

Hierdie jaar sal die 175 km- en 70 km-padfietswedrenne op Saterdag, 9 Junie, vanaf Hoërskool Louis Trichardt se sportvelde wegspring. Beide wedrenne sal ook in Andersonstraat, voor Hoërskool Louis Trichardt, klaarmaak.

Inwoners moet nou reeds daarvan kennis neem dat bogenoemde gedeeltes van Ruh-, Anderson- en Stubbsstraat (ten opsigte van die 175 km-wedren) vanaf 05:00 tot 07:00 totaal gesluit sal wees vir verkeer.

Wat die 70 km-wedren betref, sal daar vanaf 08:00 tot 12:00 gereguleerde verkeersbeheer wees in Anderson- tot Rissikstraat en vanaf Rissik uit op die Vivo-pad. Vanaf 15:00 tot 17:00 sal hierdie gedeelte egter weer totaal gesluit wees vir motoriste, in afwagting op die terugkeer van deelnemers in die 175 km-wedren.

Die bergfietsryers sal Sondag, 10 Junie, kans kry om hul vernuf te wys tydens die Kremetart XCO-wedren. Die wedren beloof om weer heelwat jong nuwelinge te lok. Die eerste wedrenne sal vanaf 08:00 vanaf die Hanglip Bosboukantore wegspring.

Intussen kan mense wat graag ‘n stalletjie wil bespreek, vir Rina Vermeulen skakel by tel. 083 297 6925. Die enigste voorwaarde is dat daar nie ‘n duplikasie van stalletjies en produkte sal wees nie, en daarom is dit belangrik vir mense om so vroeg as moontlik hul plek te bespreek.

 
 
 

Viewed: 345

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT